Reuklose, snelwerkende koolstofmonoksied (CO) veroorsaak meer noodlottige ongelukke as enige gifsoort. Die vlamme van toestelle wat brandstof gebruik, soos steenkool-braaiplekke, kaggels, gasverwarmers en petrol-opwektoestelle, is potensiële bronne van gevaarlike kooldamp. Gebruik sulke toestelle korrek, met goeie ventilasie, en laat hulle elke jaar professioneel nagaan. Kry nog gesondheids- en omgewingsinligting by Health24.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012