Jou warmwatersilinder is verantwoordelik vir 30-40% van jou elektrisiteitsgebruik. As jy die kouewaterkraan moet oopdraai terwyl jy bad of stort, is jou warmwatersilinder se termostaat te hoog gestel en vermors jy energie. Stel die temperatuur op 55-60 °C – enigiets bó 60 °C is onnodig hoog. Besoek Health24 vir nog elektrisiteitsbesparende wenke.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012