As jy daarna opsien om plastiek te herwin omdat dit te veel moeite is om die verskillende soorte plastiekhouers te sorteer, skop af met hierdie maklike, eenvoudige metode: herwin die bekende plastiekkoeldrankbottels wat van uiters herwinbare poliëtileen-tereftaal (PET) vervaardig word.
PET-houers is maklik identifiseerbaar deur die kode 1 wat op of naby die onderkant van die houers verskyn.
Besoek Health24 vir jou naaste PET-versamelpunt en nog herwinningswenke.
- Olivia Rose-Innes, EnviroHealth, Health24, Junie 2012