'n Kraan wat lek, kan tot 30-60 liter water per dag mors en ingevolge munisipale regulasies is dit 'n oortreding as jy nie ooglopende lekplekke herstel nie. Vandag is Wêreldwaterdag en die ideale geleentheid om krane, stortkopstukke en toilette na te gaan vir lekplekke. Skimmelmure en ongewone groen kolle in jou tuin is ook 'n aanduiding daar is dalk iewers 'n pyp wat lek. Jy kan verskeie lekplekke self regmaak deur bloot verslete wassers te vervang. Besoek Health24 vir nog waterbesparende wenke.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012