Gooi jy gereeld kos weg? 'n Verstommende een derde van kos wat vir menslike verbruik vervaardig word, beland jaarliks in die asblik. Buiten dat dit 'n vermorsing van hulpbronne is, veroorsaak kos wat in opvulterreine sleg word metaan, een van die vernaamste kweekhuisgasse. Beplan jou maaltye 'n week vooruit, maak seker watter bestanddele jy in voorraad het, maak 'n inkopielys van slegs dit wat jy nodig het en hou daarby. Besoek Health24 vir nog wenke oor hoe om vermorsing te bekamp.
- Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012