Glasbottels en -flesse - hetsy gekleur, helder, heel of gebreek - is ten volle herwinbaar. Om ’n glasherwinner in jou omgewing op te spoor stuur ’n SMS met die woord “GLASS” en jou voorstad se naam na 32310. Elke SMS kos R1. Die volgende items is nie geskik vir bottelbanke nie: gloeilampe, voertuigkopligte, drinkglase, breekware, vensterruite, laboratoriumglas en rekenaar- en TV-skerms. Besoek Health24 vir nog herwinningswenke.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012