iStock
Fairtrade-week eindig Sondag. Dié internasionale sertifiseringstelsel vir landbouprodukte poog om die omgewing en kleinboere en plaaswerkers se regte te beskerm. Die Fairtrade-etiket op 'n produk is jou waarborg dat dit op 'n volhoubare wyse geproduseer is en armoede in die proses help verminder het. Besoek Health24 vir 'n lys van plaaslik beskikbare Fairtrade-produkte.