iStock
Talle werkplekke is nou deels papierloos en gebruik elektroniese
dokumente waar moontlik. As jy ’n dokument móét uitdruk, druk op albei kante
van die bladsy (dupleksdruk). Dit verminder vermorsing en red bome. Die meeste
drukkers het ’n outomatiese of verstelbare dupleksdrukfunksie – gaan na jou
rekenaar se drukkerverstellings om dit vinnig en maklik te aktiveer.