As jy in die stad woon en buite oefen, verhoog jy jou blootstelling aan besoedeling. Vermy dus swaar verkeer en mik eerder vir stil strate, parke en sportvelde. Vroeg in die oggend en aand (voor en ná spitstyd) is die beste tyd in die somer. Besoedeling is erger op stil, koue oggende, daarom is dit raadsaam om in die winter eerder later in die dag te oefen. Die lug is ook skoner ná wind en reën wat help om gifstowwe te versprei. Vir nog omgewingsgesondheidswenke besoek Health24.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012