As 'n veldbrand op jou afstuur, gee pad uit die hooffront van die brand en beweeg na die kant en afdraand ('n brand beweeg oor die algemeen vinniger opdraand) of na 'n gebied wat reeds uitgebrand is of waar daar geen plantegroei is nie, soos 'n kliprant of grondpad. Moenie dink jy kan vir 'n brand weghardloop nie. As dit opdraand beweeg of deur wind aangedryf word, het jy dalk nie tyd om te ontsnap nie. Besoek Health24 vir nog buitewenke.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012