As 'n swerm bye op jou afstuur, soek skuiling. Beskerm jou kop en hou jou mond toe. As jy nie betyds onderdakskuiling kan kry nie, klim in 'n motor of bedek jou lyf en veral jou gesig, kop en kaal vel met 'n kombers of klere. Moenie bye probeer wegklap of -sjoe nie. Dit help ook nie om in 'n swembad te spring nie; bye kan bokant die wateroppervlak hang en jou steek sodra jy vir lug opkom. Vir nog buitelugwenke besoek Health24.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012