As jy in 'n donderstorm betrap word, vermy blootgestelde gebiede, hoë voorwerpe soos bome en telegraafpale, metaalvoorwerpe soon heinings en water. Ongeaarde strukture soos 'n tent bied geen beskerming nie. As die weerlig bokant jou is, hurk met jou voete bymekaar, kop onderstebo en ore bedek. Moenie in 'n groep staan nie – sprei uit. Vir meer inligting oor natuurgevare besoek Health24.
Olivia Rose-Innes, Health24, Mei 2012