Share

Wat Power Plate sê

Brink Eksteen, navorsingshoof van Power Plate Suid- Afrika, beantwoord vrae oor die produk.

1. Wat dink jy is die werklike waarde van die Power Plate (PP)?

Dit is die toekoms van oefening: vinnig, maklik en doeltreffend, en dit lewer omvattende resultate wat betref fiksheid, gesondheid, skoonheid en prestasie.

2. Wat van die beweerde gevare van vollyfvibrasie?

Vollyfvibrasie op 'n Power Plate-masjien is uiters veilig. Om die waarheid te sê Power Plate International sluit nie enigiemand van die gebruik van die masjien uit nie. PP-oefening is 'n vorm van oefening. As jy dus in staat is om oefening te doen, kan jy die PP gebruik. Ja, party mense het spesiale toesig nodig, maar dit is ook op ander vorms van oefening van toepassing – dieselfde geld vir die PP.

3. Hoe verskil DIE PP van ander vibrasieplatforms?

Mense gebruik ander soorte vibrasieplatforms en beskou dit dan outomaties as 'n Power Plate. Daar is 'n reuse verskil tussen die manier waarop die PP vibreer en die meeste ander goedkoop masjiene: die PP gebruik 'n driedimensionele patroon, wat beteken dat die hele platform vorentoe en agtertoe, sywaarts én op en af beweeg. Dit gebeur 25 tot 50 keer per sekonde (frekwensie) en die krag of trillingswydte van die beweging is maar net 2,5 mm tot 5 mm.

Die bewegingspatroon, frekwensie en trillingswydte is wetenskaplik bepaal as die doeltreffendste en veiligste vorm van vibrasie wat beskikbaar is – dit span die liggaam se natuurlike reflekse op 'n subtiele en gemaklike manier in. Wanneer die PP aangeskakel is, kan jy nie sien dat dit beweeg nie, terwyl die meeste van die nagemaakte masjiene 'n baie rowwer vorm van vibrasie gebruik wat letterlik die hele liggaam skud en stremming op die bekken, ruggraat en organe plaas.

4. Wat is die PP se gedokumenteerde risiko's?

Die risiko is minimaal, mits die korrekte oefeninge onder die korrekte toesig uitgevoer word. Mense met 'n mediese problem (soos 'n rugbesering, knievervanging, hartprobleme en diabetes) moet spesifieke prosedures volg wanneer hulle met 'n oefenprogram begin, die PP of konvensioneel. As hulle verkeerd of te straf oefen, loop hulle die gevaar van komplikasies. Die lys teenaanduidings is net 'n manier om mense in te lig dat jy nie sommer op 'n PP kan spring en doen wat jy wil nie. Die vibrasies is veilig, maar wat jy op die PP doen, is baie belangrik.

5. Hoekom word die PP beskryf as een van die beste vibrasieplatforms en hoekom is dit soveel duurder as baie ander masjiene?

PP as maatskappy steun op baie jare se ontwikkeling en voortdurende navorsing, sodat dit die beste toerusting met betroubare wetenskaplike ondersteuning bied. Daar is net 'n paar masjiene op die mark wat die korrekte soort vibrasie het, en hulle is almal duurder as die nagemaaktes wat minder ideale vibrasiepatrone het. Die maatskappy bied ook volledige ondersteuning wat onder meer opleiding en diens betref.

 (Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE