Share

Roei jou fiks

Die roeimasjien is plat op die aarde, word maklik deur die rye en rye hardloopmasjiene en elliptiese oefenmasjiene oorskadu, en skuil dikwels êrens in 'n donker hoekie van die gym.

Maar deskundiges sê dat as jy die moeite doen om hierdie Aspoestertjie van die gym uit te probeer, jy 'n seepgladde masjien sal ontdek wat sag met die gewrigte werk, terwyl dit kalorieë baie vinnig verbrand.

"Dit is moontlik die beste apparaat in die gym," sê Dr. Timothy Hosea van die American College of Sports Medicine. "Dis 'n allesomvattende fiksheidsmasjien. Anders as die hardloopmasjiene of elliptiese oefenmasjiene, waar jy net jou bene gebruik, gebruik jy op die roeimasjien elke hoofspiergroep in die liggaam op 'n gladde en beheersde manier."

Hosea, 'n ortopediese chirurg van New Brunswick, New Jersey, roei al sedert sy universiteitsdae. Hy sê die roeimasjien verbrand meer energie per uur as hardloop of swem. "Die gemiddelde persoon kan maklik 2,940kJ tot 3,150kJ per uur verbrand, teen 'n heelgemaklike pas," sê hy.

Hoekom jy die roeimasjien moet gebruik

So, hoekom word die roeimasjien so maklik geïgnoreer? Hosea dink die probleem is gedeeltelik te wyte aan die lae, nederige posisie van die masjien. "Wanneer jy roei, sit jy plat op die grond en almal anders troon bo jou uit," sê hy.

Dan is daar die leerproses. Die meeste ander masjiene is maklik, maar die roeimasjien verg geduld.

"Dit vat 'n rukkie om die regte tegniek aan te leer," meen Hosea. "Dit lyk regtig maklik, maar mense weet nie hoe om doeltreffend te roei nie en vermy dus dikwels die roeimasjien."

As jy wil roei, moet jy jou bene gebruik, maar die meeste mense lê te veel klem op die arms en rug.

"Hulle raak gefrustreerd as hulle nie begryp dat jy eers jou bene moet inspan nie."

Nog 'n fout wat mense maak, voeg hy by, is om die weerstand so hoog te stel dat hulle hul kernspiere en kruis ooreis.

Resultate in twee tot drie weke

Tiffany Boucher, 'n persoonlike afrigter by 'n Equinox fiksheidsentrum in New York City, vermoed dat selfs party van haar kollegas nie weet hoe om 'n roeimasjien reg te gebruik nie.

"Daar's nie baie mense met roei-ondervinding nie," sê sy. "Mense stap, klim en hardloop op 'n daaglikse grondslag, maar hulle is nie vertroud met roei nie."

Afrigter Jenn Burke sê sy gebruik baie selde die enkele roeimasjien by die Crunch gym in New York waar sy werk, selfs al verbrand dit baie kilojoules in 'n kort tydjie.

"As jy dit gereeld doen, sien jy binne twee tot drie weke 'n verandering. Maar jy moet 'n goeie tegniek hê."

Maar Richard Louis, ook 'n Crunch-afrigter, gebruik wel die roeimasjien met sy kliënte.

"Vir party mense is 'n halfuur se kardiovaskulêre oefening ondenkbaar," sê hy. "Hierdie masjien help hulle om met korter periodes aan die gang te kom."

Louis hou daarvan om interval-oefeninge te doen. "Jy roei hard vir 30 sekondes en rus vir 30 sekondes, en vermeerder so geleidelik jou roeityd en verminder jou rustyd. "Werk hard en ontspan, werk hard en ontspan."

Roei korrek

Tom Spring, 'n afrigter van Detroit wat met hoë-risiko groepe, senior burgers en chroniese siek mense werk, gebruik roeimasjiene en beveel dit aan, maar waarsku dat mense wat die masjiene verkeerd gebruik hulle rûe in gevaar stel.

"Ek byt my naels wanneer ek sien hoe party mense die roeimasjiene gebruik," sê hy. "Maar hierdie masjiene word nog steeds nie genoeg gebruik nie. Instrukteurs moet eenvoudig geleer word om roeimasjiene korrek te gebruik."

Boucher stem saam. "As roeimasjiene reg gebruik word, gee dit 'n mens die wonderlikste oefening. Die meeste mense is net nie bewus daarvan nie." - (Reuters Health, Julie 2011)

Lees verder:
Werk jy hard genoeg?
Oefen meer doeltreffend

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE