Die mens is gemaak vir vaste grond. As
jy paddavoete aantrek en diep onder
die see induik, kan dit ’n vreemde
– en ontstellende – uitwerking op jou
liggaam hê.
Deur die HEALTH24-SPAN vir Huisgenoot-POLS
Op pad ondertoe:
10m onder druk
Vir elke 10m wat jy dieper onder die
water gaan, verdubbel die druk teen jou
lyf, want water weeg baie swaarder as
lug. Die bykomende las op jou oortromme
en sinusse kan geweldige newe-effekte
hê, byvoorbeeld trommelvliese wat bars.
Jy kan voorkom dat jou oortromme
bars deur seker te maak die druk
binne-in jou ore en sinusse bly gelyk
aan die waterdruk om jou.
Dis
waar die Valsalva-maneuver
goed te pas kom. Hou jou
mond toe en druk jou
neus feitlik toe met
jou vingers terwyl jy
teen dié drukking
deur jou neus
uitasem.
15m: 'n Bietjie dronk
Elke 15m wat jy
dieper duik is
soos om 'n
Martini op 'n
leë maag af
te sluk.
30m: Bedwelmde duikers
Dieper as 30m
onder die water
word stikstof toksies
en is die narkotiese
effek so erg
dat duikers lagbuie
kry of hallusineer. Dit
word stikstof-narkose
genoem.
40m: Swaargewig
Jy moet liefs nie dieper as
40m onder die water gaan
nie. Teen dié gevaarlike diepte is die
druk al gelykstaande aan omtrent
90 metrieke ton lugdruk.
50m: Diep in die nag
Lig dring nie tot by dié onderwaterwêreld
deur nie – dit is stikdonker!
Oppervlak toe:
Borrel-borrel boontoe
As jy te vinnig na die oppervlak
terugswem, vorm groot hoeveelhede
gevaarlike stikstofborrels in
jou bloedstroom. Dis dieselfde bruiseffek
as wanneer jy 'n Coke-blikkie eers
skud en dan oopmaak.
Dié toestand word borrelsiekte genoem. Jou vel jeuk, jou kop pyn en jy voel naar en duiselig. Die simptome vererger uurliks nadat jy uit die water is.
Borrelsiekte kan lewensgevaarlik wees as daar selfs net een groot borrel in die brein of hart beland en tot 'n beroerte of hartaanval lei. Stikstofborrels kan ook weefsel, senuwees en organe beskadig.
Ritmies, asseblief
Haal ritmies en korrek asem terwyl jy stadig boontoe
swem. Of jy nou na bo swem of na benede duik, onthou
om gereeld te sluk sodat die druk in jou middeloor nie te
hoog raak nie.
Verstik in jou eie asem
'n Duiker wat diep onder die water 'n laaste asemteug
neem, dit inhou en dan vinnig boontoe
swem, soek moeilikheid. Jou longe kan
bars omdat die lug drasties uitsit hoe
nader jy aan die oppervlak kom.
Die lug stroom dan in groot borrels sommer reguit na jou hart en brein en kan jou bewusteloos of dood maak.
Dekompressiekamer toe!
Duikers met borrelsiekte moet ure lank
in 'n dekompressiekamer bly. Die lugdruk
in die kamer word geleidelik verlaag tot normale oppervlakdruk
bereik word.
Het jy geweet?
Die gemiddelde
mens kan tussen
30 en 90 sekondes
lank asem
ophou.
Onthou!
Moet nooit
alleen duik
nie. Duik
altyd in 'n
groep of
vat 'n maat
saam. As jou
suurstoftenk
ingee, kan
jy suurstof
by jou duikmaat
kry.
Stadig oor die klippe
'n Duiker moet nooit vinniger na
die oppervlak beweeg as die klein
waterborrels langs hom nie.
As hy teen sowat 9 meter per minuut, of stadiger, boontoe beweeg, sypel die stikstofborrels geleidelik uit die bloedstroom en word dit as oortollige gas uitgeasem.
(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)
Read more:
10 Tips for diving survival
Diving and your health