Share

Oefening verminder uitwerking van sout op bloeddruk

Hoe meer fisies aktief jy is, hoe minder styg jou bloeddruk as gevolg van ’n hoë-sout-dieet. So sê navorsers by die American Heart Association se Nutrition, Physical Activity and Metabolism/Cardiovascular Disease Epidemiology and Prevention 2011 Scientific Sessions.

"Pasiënte behoort aangeraai te word om hulle fisiese aktiwiteit te verhoog en minder sout te eet,” sê Casey M. Rebholz, M.P.H., hoofouteur van die studie en ’n mediese student by die Tulane School of Medicine, asook ’n doktorale student by die Tulane University School of Public Health & Tropical Medicine in New Orleans.

"Die beperking van sout is veral belangrik om bloeddruk te verlaag by mense wat nie veel oefening kry nie.”

Navorsers het deelnemers aan die studie se bloeddruk tydens twee diëte van een week elk met mekaar vergelyk. Die een dieet het min sout bevat (3,000 mg/dag) en die ander een baie (18,000 mg/dag).

Sout aanbevelings

Die American Heart Association beveel aan dat ’n mens minder as1,500 mg sout per dag inneem. 

Die mense wie se gemiddelde sistoliese bloeddruk (die boonste nommer van die lesing wat geneem word wanneer die hart saamtrek) met vyf punte of meer gestyg het toe hulle van die lae-sout dieet na die hoë-sout dieet oorgeskakel het, is deur die navorsers as hoë-sout-sensitief bestempel.

Gebaseer op vraelyste oor fisiese aktiwiteit, het die navorsers die deelnemers in vier groepe ingedeel, van baie aktief tot baie onaktief. 

Die gemiddelde stygings in sistoliese bloeddruk ná die oorskakeling van lae-sout na hoë-sout, aangepas volgens ouderdom en geslag, was:

  • 5.27 mm Hg in die onaktiefste groep  
  • 5.07 mm Hg in die naas onaktiefste groep  
  • 4.93 mm Hg in die naas aktiefste groep  
  • 3.88 mm Hg in die aktiefste groep

Vergeleke met die onaktiefste groep, het die kans om sout-sensitief te wees, aangepas volgens ouderdom en geslag, soos volg gedaal:

  • 10 % in die naas laagste aktiwiteitsgroep  
  • 17% in die naas hoogste aktiwiteitsgroep  
  • 38% in die aktiefste groep  

"In al die analises het ons ’n “dosis-afhanklike” verhouding gevind, wat dit baie duidelik maak dat fisiese aktiwiteit ’n positiewe uitwerking het,” sê Rebholz. 

Die deelnemers was1,906 Han Chinese volwassenes (gemiddelde ouderdom 38) in die Genetic Epidemiology Network of Salt Sensitivity (GenSalt), ’n groot projek om die genetiese- en omgewingsfaktore te identifiseer wat tot sout-sensitiwiteit bydra. Broers en susters en hulle ouers is genooi om by GenSalt betrokke te raak indien ten minste een broer of suster pre-hipertensie gehad het (bloeddruk tussen 120/80 en 139/89 mm Hg), of stadium-1 hipertensie (tussen 140/90 en 159/99 mm Hg). Niemand het tydens die studie bloeddrukmedikasie gebruik nie.

Die GenSalt projec vind op die Chinese platteland plaas omdat die homogene bevolking die waarskynlikheid verhoog dat gene wat ’n invloed op bloeddruk het, geïdentifiseer sal word. 

"Die studie moet nog herhaal word, maar ek is redelik seker dat die verhouding tussen fisiese oefening en sout-sensitiwiteit ook op ander bevolkings van toepassing sal wees, sê Rebholz. (EurekAlert/ Maart 2011)

Lees verder: 

Sout – die stadige laksman

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE