Share

Honde-eienaars is fikser

Wat fiksheid betref, is jou beste vriend heel moontlik een met vier bene. Volgens deskundiges toon studies dat honde-eienaars meer en vinniger stap, en as gevolg van hulle ‘metgesel’ meer geneig is om ’n aktiewe lewenstyl te handhaaf.  

"Ek is gefassineer deur hoe motiverend honde kan wees,” sê Dr. Sandra McCune, mederegisseur van die boek, "The Health Benefits of Dog Walking for People and Pets".

McCune, ’n diere-gedragsdeskundige in Leicestershire, Engeland, sê studies toon dat as jy gereeld ’n hond vir ’n wandeling neem, jy ’n groter kans het om aan die riglyne vir daaglikse aktiwiteite te voldoen.  

Honde is die rede vir twee derdes, 66%, van hulle eienaars se stap-aktiwiteite elke week, volgens ’n onlangse opname van meer as 1,011 volwassenes wat deur die troeteldier-kos-vervaardiger Mars Petcare onderneem is. 

’n Kwart van alle mense met kinders en troeteldiere besoek gereeld parke en ander buitelug-areas as gevolg van hulle hond. “Ek het self ’n Labrador,” sê Mc Cune. “Al is dit donker en al reën dit – die hond moet elke dag vir ’n stappie geneem word.”

Sy sê, om met jou hond te stap, versterk ook sosiale- en gemeenskap-verhoudings. “Wanneer mense met hulle hond gaan stap, is hulle meer geneig om gesprekke aan te knoop,” verduidelik sy. Volgens die opname kry ongeveer 44% van hondeienaars van 65 en ouer op ’n weeklikse grondslag as gevolg van hulle hond oefening.

Honde bied geselskap

"Honde is sterk aandrywers van sosiale kapitaal,” sê Mc Cune en verduidelik dat sosiale kapitaal ’n sosiologiese term is wat sy as die waarde van alle verhoudings definieer.

"Om ’n hond te besit, bevoordeel die hele gemeenskap,” sê sy. Hierdie herfs gaan YMCA’s in verskeie Amerikaanse stede hulle weergawes van hond-dae aanbied. Dit word “Power of Pets” genoem en sluit hondestappies, draf met honde, honde-joga en ander hondeaktiwiteite in.

"Dit help om die gemeenskap bymekaar te bring,” sê Katy Leclair, uitvoerende direkteur van die Lake View, Illinois YMCA oor die program. “Families met honde neig om meer aktief te wees.”

As oefenmaats bied honde energie, entoesiasme en die sosiale ondersteuning wat nodig is om by ’n oefenprogram te hou, meen Shirley Archer, woordvoerder vir die American Council on Exercise.

"Honde kan daardie geselskap bied,” sê Archer, ’n fiksheidinstrukteur van Florida. "Frisbee-gooi, balspeletjies, ratsheid-kompetisies en opleidingskampe vir mense en hul honde is ’n wonderlike geleentheid om aktief te wees,” sê sy. “Maar gehoorsaamheidsopleiding is van kardinale belang.” 

Sorg vir jou hond

Sy waarsku egter dat honde lewende wesens is en sorg nodig het. “As hulle saam met jou hardloop as jy fietsry, moet hulle opgelei wees om by jou te bly,” sê sy. “Maak seker hulle kry genoeg water. Maak ook seker hulle pote is gesond en moenie hulle laat hardloop as hulle so pas geëet het nie.”  

Laura Cartwright Hardy, ’n ouma en voltydse nagraadse student wat in Little Rock, Arkansas woon, het twee groot Wolfhonde. 

"Vandat ek 20 is, hou ek groot honde aan en dit is beslis een van die redes hoekom ek  nog altyd fiks was,” sê Hardy wat in haar dertigs begin gewigstoot het sodat sy met gemak ’n 40-pond (18.14 kg) sak hondekos kon dra.   

"Hulle hou jou beslis aan die gang,” voeg sy by. “Daardie groot bruin oë maak dit onmoontlik om nee te sê.” Sy voeg by dat elke mens saam met wie sy al gestap het, behalwe haar suster en man, tou opgegooi het omdat sy te vinnig loop.

"Ek kon nog altyd op my honde (almal wyfies) staatmaak,” sê sy. 

(Reuters Health, September 2011)

Lees meer:

Fiksheid: hoe om te begin

 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE