Share

Gebruik die Power Plate reg

1. Kry hulp

Mense met ortopediese beserings behoort die masjiene te vermy of dit slegs onder die toesig van 'n biokinetikus te gebruik. Selfs al is jy nie bewus van enige besering nie, moet jy die platform net gebruik as jy weet hoe om so te staan dat jou postuur deur jou spiere gesteun word, of as jy met 'n afrigter oefen wat jou help om die regte postuur te handhaaf.

2. Hou jou sessies kort

Hou dit onder 30 minute en teen 'n vibrasiefrekwensie van minder as 35 MHz. Nog niemand weet presies wanneer 'n sessie so lank is dat dit onveilig word nie. Moet dus nie die veilige sone van 35 MHz oorskry nie.

3. Staan in die regte posisie

Hou al jou gewrigte effens gebuig wanneer jy op die platform staan (d.w.s. buig jou heupe, knieë en enkels effens).

  • Hou jou ruggraat gestrek, ken af, en moenie toelaat dat die vibrasies jou gewrigte of kop bereik nie. Laat jou spiere dus die vibrasie absorbeer. Om dit te doen, moet jy die aanbevole veiligheidsriglyne volg, jou gewrigte gebuig hou en jou postuur se swaartekraglyn handhaaf. As jy byvoorbeeld regop staan met reguit knieë, sal jy die vibrasie in jou gewrigte en kop voel; buig dus liewer jou knieë 'n bietjie en staan effens gehurk.
  • Moet liewer nie op die platform sit of lê nie; dit maak dit moeilik om vibrasies na die kop te vermy. Daar is altyd maniere om dié probleme te omseil – jy kan byvoorbeeld met jou liggaam op 'n mat lê, met jou bene op die plaat.

As jy enige van die volgende problem het, vermy liewer vollyfvibrasie of raadpleeg 'n dokter wat vertroud is met die masjien:

  • Onderliggende beserings soos acute breuk
  • Diepaar-trombose
  • Swangerskap
  • Onlangs ingeplante intra-uterineapparate of metaalpenne, -spirale, -boute of -plate
  • Retinale loslating
  • Bloedklonte
  • Beengewasse
  • Epilepsie
  • Diabetes (alle diabete moet eers 'n dokter besoek)
  • Onlangse wonde weens chirurgiese ingryping
  • Sintetiese of kunsmatige gewrigte
  • Pasaangeërs
  • Hoë bloeddruk
  • Hartsiekte

As jy enigsins twyfel, laat jou deur jou huisdokter ondersoek voor jy met vollyf-vibrasie begin.

 (Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE