Om hoë berge soos Everest en
Kilimandjaro te klim is letterlik en
figuurlik ’n hoogtepunt. Maar
wat gebeur al die pad boontoe met
jou liggaam?
Deur Marié Joubert,
Health24
Oë Op 4 000 m is die son se skadelike ultraviolet-strale 15 persent sterker as op seevlak. Sneeu en wolke maak dit erger, wat tot rooi en geswelde oë kan lei. Bergklimmers moet die regte oogbeskerming dra om skade aan die kornea en sneeublindheid te voorkom.
Brein Vanaf 2 400 m is akute bergklimsiekte ’n gevaar, en dié opeenhoping van vloeistowwe in die brein en longe kan dodelik wees. Klimmers kan begin yl en ál vlakker en vinniger asemhaal. Verblindende hoofpyn en naarheid is ook gevaartekens. Met dié simptome moet jy dadelik van die berg afkom!
Longe Hoe hoër jy klim, hoe minder suurstof is daar. Klimmers begin vinniger en vlakker asemhaal ten einde genoeg suurstof te kry. Op sowat 7 000 m bo seevlak het jy ’n suurstofsilinder nodig.
<>
Bloed Bergklimmers moet minstens 3 tot 4 liter water per dag drink om hul bloed dun te hou. Dis omdat die liggaam teen sowat 2 500 m bo seespieël meer rooibloedselle vervaardig om meer suurstof te kan vervoer. Dit kan bloedklonte veroorsaak as die klimmer nie genoeg vloeistof drink nie. Die tekort aan suurstof kan ook ’n mens se bloeddruk en hartklop laat styg.
Liggaamshitte Wees op jou hoede vir verkluiming – hipotermie kan binne dertig minute jou lewe kos. Normale liggaamstemperatuur is sowat 37 grade C, maar sodra dit na 35 grade C daal, sal jy begin bewe en duiselig en verward voel. Teen 30 grade C sal jou hartklop stadig wees, maar jy sal warm kry en jou klere wil uittrek – ’n noodlottige besluit. Dra windbestande klere teen die yswinde.
<>
Dié bergklimmerkwaal kan
net so gevaarlik soos die
verraderlike hange wees.
Die beste raad is om baie
water te drink en stadig
boontoe te klim, maar dié
middels kan ook help:
’n Asetasolamiedtablet
(Diamox) kan
voorkomend geneem
word. Dit sal die hersteltydperk
met tussen
twaalf en 24 uur verkort,
maar jy sal ook
meer dikwels ’n draai
moet gaan loop.
Pynstillers (soos parasetamol
of ibuprofeen)
help vir weefsel wat
swel, maar ’n mengsel
van aspirien en Diamox
kan dodelike bloedveranderings
veroorsaak.
Kortisoon (soos deksametasoon)
het ’n sterk
anti-inflammatoriese
uitwerking wat help
om weefselskade asook
brein- en longswelling
te verminder. Maar kortisoon-
steroïede word
net onder mediese
toesig binneaars toegedien.
As jy dit reg hanteer, is
gewone bergklimsiekte
gewoonlik ná 48 uur verby
en behels dit niks erger
as ’n ligte hoofpyn, ’n
swakker eetlus en tintelende
hande en voete nie.
Eet soos ’n wolf Om meer liggaamshitte te vervaardig, eet bergklimmers hoë-energiekos soos hawermout, grondboontjiebotter, sjokolade en pasta. Knoffel verdun die bloed en help dat hulle akklimatiseer.
Kop in die
Wolke
Die Tibettane noem Everest ‘die hemel se kop’.
Maar hoe hoog is 8 000 m?
Ons plaas dit ’n bietjie in perspektief
1 086 m Die kruin van Tafelberg.
1 800 m Begin van die
Kilimandjaro-klimtog.
2 500 m Hoogte van Machu Picchu
(2 490 m) in Suid-Amerika. Teen dié hoogte
skop bergklimsiekte en hiperventilasie in.
Bergklimsiekte kan reeds op 2 000 m begin as
’n mens nie stadig klim nie.
3 000 m Met 3 234 m is
Monk’s Cowl die hoogste punt
in die Drakensberge.
4 000 m Altesaam 82
spitse van die Europese
Alpe is so hoog en hoër.
5 000 m Die hoogste
berg in Antarktika, die Massif,
is 4 897 m hoog.
6 000 m Teen 5 895 m bo
seespieël sal jy op Kilimandjaro
se kruin wees.
7 000 m Dit word die “doodsone” genoem omdat
slegs ’n derde van die suurstof wat ’n mens op
seevlak kry, hier beskikbaar is. Kamp C3 op Everest
lê op dié hoogte. Hier is ekstra suurstof broodnodig
en ’n mens gebruik gemiddeld 2 liter suurstof per
minuut uit ’n suurstofsilinder.
8 000 m Everest se kruin:
8 850 m. Hier kan die
temperatuur sommer tot
-38 °C daal.