Die PlusMinus eetplan
Meer oor die PlusMinus eetplan
Dis wetenskaplik en beproef en jy kan binne 12 weke van 10 kg tot 24 kg (as jy erg oorgewig is) afskud. Hier is jou plan in ’n neutedop.
As jy al die kos wat jy elke dag gaan eet op ’n tafel moet uitpak, sal dit uit die volgende (of ooreenstemmende uitruil-porsies) bestaan:
Koolhidrate
5 porsies koolhidrate vir vroue, 7 – 8 vir mans, kinders en tieners
Groente
3+ vuisgrootte groenteporsies, 4 – 6 vir mans, kinders en tieners
Vrugte
2 – 3 vuisgrootte vrugteporsies, 4 vir mans, kinders en tieners
Suiwel
2 – 3 koppies afgeroomde melk (in jou pap, tee, koffie of in ’n glas), minimum van 3 – 4 porsies suiwel per dag vir kinders, tieners en aktiewe mans
Proteïene
2 palmgrootte porsies proteïene soos maervleis, 3 porsies vir mans wat langer as 1,7 m is, kinders en tieners
Vette
2 – 3 porsies per dag
Week 1
Eet ontbyt, middag- en aandete met versnaperings laatoggend en laatmiddag. Verslankingsdrankies en dieetpille is taboe.
Week 2
Maak seker jy eet minstens 2 vrugte per dag. Geen koekies, koek, beskuit, poedings, sjokolade of ander soetgoed nie (behalwe een porsie per week).
Week 3
Eet 3 – 5 of selfs meer porsies groente per dag, en eet soveel kleure groente as moontlik. Onthou, aartappels, mielies en patats tel as koolhidrate. Eet net een keer per week kos wat diepgebraai is en bedek is met deeg.
Week 4
Eet 3 porsies vetvrye suiwel per dag.
Week 5
Eet 200 g (so groot soos jou palm) proteïene per dag. Rooivleis kan 3 keer per week op jou spyskaart wees, en hoender of vis op die ander dae. Sny alle sigbare vet van vleis af.
Week 6
Eet 4 – 6 porsies lae-GI-koolhidrate per dag.
Week 7
Moenie meer as ’n eetlepel olie/vet botter per dag eet nie.
Bron: Irene Labuschagne, dieetkundige by NICUS (die Voedingsinligtingsentrumaan die Universiteit Stellenbosch) en health24.com