advertisement
Question
Posted by: Zets | 2008/01/22

ystertekort of depressie???


Ek is 'n 27 jarige ma van twee, gelukkig getroud met 'n goeie man. Die laaste jaar of so kry ek krampe in my lyf, en wat soms voel soos spiersametrekkings. Meestal baie moeg, hoofpyne, dronkheid in my kop. Ek kry ook hartkloppings, en soms is ek net nie in staat om enige fisieke aktiwiteit te doen nie. Ek was toe by die dr en hy het gereken ek het 'n ystertekort, aangesien ek vir langer as 2 jaar geborsvoed het. Die behandeling het egter nie gehelp nie, so toe gaan ek na 'n ander dr. Hy se toe dat dit depressie is, al voel ek nie depressief nie. Wel baie gespanne soms. Hy het toe Cilift voorgeskryf, waarop ek nie baie goed gereageer het nie. Dit het my net sieker laat voel, waarop die dr toe Brazepam voorgeskryf het en gese het ek moet die Cilift los. Ek het egter net slegter gevoel. Op die stadium het ek alle pille gelos, en gebruik net Biral en Bco, vit b kompleks, wat die apteker gese het my senuwees sal help herstel. My pyne en hartkloppings gaan egter voort, en dit maak my bekommerd. Wat kan fout wees?Ek is moeg vir moeg voel, en die alweige krampe en pyne. Die drs het glad nie bloedtoetse gedoen nie, en hul se dat my hart en longe gesond is. Ek oorweeg dit om na 'n homeopaat te gaan, maar weet nie regtig hoe hul mens diagnoseer nie. Ek wil net beter voel.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Zets
Jy moet ten minste 'n volbloed telling , skildklier toets, glukose toets en nier en lewerfunksie toetse kry - so gaan dokter toe en vra hom om vir jou bloede te trek om te kyk of alles reg is!
Dalk is jou Magnesium of Kalium ook laag ?
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Cornel | 2008/01/23

Zets,

Ek stem saam met Doc. Jy moet na 'n GP toe gaan en vra vir die basiese bloedtoetse:

volbloed telling , skildklier toets, glukose toets en nier en lewerfunksie toetse.

As ek jy was sou ek na 'n SPLINTER NUWE GP toe gegaan het met 'n lys van jou simptome en die opdrag dat hy die bloede en toetse vir jou moet doen. As 'n mens te lank by 'n GP bly is hulle geneig om nie meer objektief te wees nie en kyk hulle fisiese dinge mis en is geneig om 'n mens vinnig as "gestress" en "depressief" te diagnoseer want hulle voer aan hulle ken jou.

As die Bloedtoetse en ander toetse NORMAAL uitkom, dan kan jy oorweeg om 'n Sielkundige te gaan sien, dalk selfs hipno-terapie te laat doen en tips te kry hoe om jou stress en despressie te hanteer met asemhalings-oefeninge, strekke, ens.

Maar laat so gou moontlik eers die bloedtoetse en ander toetse laat doen.

Sterkte!

Reply to Cornel
Posted by: zets | 2008/01/23

Baie dankie dr, wat ek graag wil weet is wat kan die oorsaak wees? Ek is ook baie naar, soms het ek vreeslik sooibrand, maar so erg dat dit voel of my hele bors brand. Ek het 'n geskiedenis van depressie, maar ek voel nie depressief nie. Die pyne en dinge bekommer my, en dit veroorsaak dat ek soms wens dit kry net end. Ek is permanent duiselig. Naarheid en braking. Die pyne en krampe en hartkloppings bekommer my. Wat kan die oorsaak wees? Ek is so bang ek is besig om dood te gaan en ek het twee klein dogtertjies. Ons het nie medies nie. Ek rook, en drink elke oggend twee hoofpyn pille, aangesien ek elke dag wakker word met hoofpyn. Dit gaan al vir 5 jaar aan. Ek besef dat ek dalk vrslaaf is aan die pille, maar ek kon nog nooit uitvind wat die oorsaak is van die hoofpyne nie. Die drs se dis spanning, maar hoe kan hul seker wees? Ek het baie spanning, dis waar, en het al gevoel ek kan dit nie meer hanteer nie. Verlede jaar was baie erg, so ek kan verstaan as hul se dit is stres. Maar hoe gaan ek nou beter voel? Wat presies is 'n senu ineenstorting??

Reply to zets
Posted by: Kasandra | 2008/01/22

Onthou kos speel ook 'n groot rol in hoe mens voel, as jy lae bloeddruk het en jy drink baie koffie met baie suiker of eet baie soet goed wat jou bloedsuiker kan laat opskiet en dan laat val kan jy baie moeg voel en ook hartkloppings kry? Dit klink maar vir my baie "fishy" want dit klink nie vir my soos depressie nie deesdae skryf die doktors baie gou pille voor. Ek vind dat enige pil ook Biral my net moeer maak - miskien moet jy biostrath probeer 3 keer 'n dag en ook kyk na jou dieet.

Reply to Kasandra

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement