advertisement
Question
Posted by: annie | 2005/12/14

yster tekort

Beste dokter

My probleme het begin met ernstige haarverlies 5 jaar gelede (twee jaar na my dogter se geboorte). Na vele besoeke aan verskeie dokters was die antwoord spanning. Ek kon dit nie glo nie. Twee jaar gelede het ek 'n nuwe dokter besoek en aangedring op bloedtoetse. 'n Besonderse lae ystertelling.Ysteraanvulling het nie gehelp nie. Selfs binneaarse
inspuitings gekry.Ek drink vir die afgelope twee jaar Autrin. Telling nog steeds laag. Het al vrede gemaak met die haarverlies (is nog nie kaalkop nie) maar het ook hierdie doodse moegheid, sukkel om gewig te verloor, voel of ek permanent PMS het en tot die ergenis van die res van die huisgesin kry ek permanent koud(hoendervleis koud). Is daar dalk ander oorsake waarna ek kan kyk. Kan dit dalk iets soos 'n skildklier probleem wees. Watter soort spesialis dokter raadpleeg ek met hierdie probleem ???

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Beste Annie, dit kan defnitief 'n onderaktiewe skildklier ook wees. Hoekom is jou yster so laag, het jy 'n maagseer of iets - het iemand al gesoek vir die rede - verloor jy yster of neem jy dit nie op nie? Ek dink jy moet by 'n internis uitkom om mooi te kyk wat gaan aan want dit beinvloed jou lewenskwaliteit. Vra jou huisdokter om jou te verwys.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Cindy | 2014/03/25

Hi - ek is 33jaar en ek het 'n ystertekort en 'n onderaktiewe skuldklier, gebruik medikasie vir altwee gevalle. Ek sukkel ok met die gewig ding, het nou al vrede daarmee gemaak. Ek wil net weet wat kan ek doen om my moegheid bietjie 'n boost te gee, ek is flou wil net slaap, het krag vir niks. Ek bly ook siek kort-kort op antibiotika, neus loop permanent (regte verkoue simptome) - kan dit dalk wees van my metaal/yster stopsels in my mond (het 'n storie oor die goed gehoor) Wat stel u voor moet ek doen. Baie dankie groete.

Reply to Cindy
Posted by: Albs | 2006/01/25

Wat is die simptome van 'n onderaktiewe skildklier en is dit oorerflik?

Reply to Albs
Posted by: Ivy | 2006/01/10

Ek is ñ vrou van 45 jaar oud en het ñ historektomie gehad op 40. Ek het nog my eierstokke. My probleem is dat ek die afgelope 2 jaar ñ doodse moegheid het. Ek kry ook gereeld spierspasmas (rug, onder my ribbes, nek en partykeer in my hande en voete). Drink kalsium en magnesium. Ek het geen energie nie, sukkel om gewig te verloor en slaap nie baie goed nie. Dit voel ook of ek permanent pms het eendag hoog beduiweld en die ander dag wil ek my weer dood huil. Ek is nou op die stadium wat ek "Tim Jan" begin drink (3 weke) het om te kyk of die alwyn mengsel nie iets wil doen nie. Ek kry ook gereeld ñ hoesie aan my. Dit voel of iets my keel irriteer en geen hoesstroop of lugweg medikasie help nie. Kan skildklier dit veroorsaak?

Reply to Ivy
Posted by: Gerrit | 2006/01/09

Annie

Ek het self verwante probleme gehad. In kort, jou ystetekort is weens 'n spesifieke infeksie wat korrek behandel moet word. Jou moegheid en koudkry is verdere tipiese simptome hiervan en ek het al heelwat persone verwys na 'n dokter wat die groter prentjie verstaan.

As jy my e-pos sal ek vir jou die -|- akdetails gee.

Groete
Gerrit.

Reply to Gerrit

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement