advertisement
Question
Posted by: KAREN | 2010/05/28

WURMS

HI DOC. WIL NET GRAAG WEET, WANNEER IS DIT NODIG OM MENS TE ONTWURM? IS DIT NET NODIG WANNEER MENS VERMOED JY HET WURMS OF MOET MENS DIT MAAR GEREELD DOEN? WAT SAL DIE BESTE WEES OM TE GEBRUIK, VERMOX SE 1 ENKEL DOSIS TABLET OF DIE EEN WAT JY 6 PILLE MOET DRINK? WAT''S DIE VERSKIL TUSSEN DIE TWEE? OOK HOE KAN MENS DIT KRY? HULLE SE AS N HOND MENS LEK KAN JY DIT KRY, SO KAN JY DIT OOK KRY AS JY IEMAND SOEN WAT WURMS HET?? BAIE DANKIE VIR U HULP!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Karen

Dit is nodig om elke ses maande die familie te ontwurm en as jy diere het, dieselfde vir hulle te doen. Wurm eiers is ongelukkig volop (in die tuin, op slaai en jou geliefde diere). Wurms kan nie oorgedra word met soen nie, maar wel deur swak higiene, bv. lintwurms word in groot hoeveelhede in fesies van iemand wat daarmee gekontamineer is, uitgeskei. As die persoon nie sy hande was nadat hy die toilet gebruik het nie en byvoorbeeld kos voorberei, kan die kos baie maklik gekontamineer word. Sodoende word die infeksie verder versprei.

Wurm produkte verskil nie te veel nie en die enkel dosering van Vermox is baie maklik om te neem deur oud en jonk en is verkrygbaar by jou apteker.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement