advertisement
Question
Posted by: Bets | 2004/10/28

Worshond met rugprobleme

Ek het 'n 5 jaar oue miniatuur worshond wat 'n rugprobleem ontwikkel het. Ons het hom by 2 veeartse gehad. Die eerste het x-strale geneem en 'n kortosoon voorgeskryf wat hy vir 3 weke moes gebruik hy het gevoel dat hierdie medikasie genoegsaam sou wees aangesien sy probleem nog in 'n beginstadium is. Na die eerste 2 weke was sy rug steeds nie reg nie en het ons hom na 'n tweede veearts geneem. Sonder x-strale het hy gesê dat sy rug nie weer sal herstel nie en die enigste uitweg 'n R7 000 se operasie sal wees. Hy het die kortosoonkursus verleng vir nog 'n week. Die hond is steeds nie 100% reg nie, maar baie beter as voor die behandeling. Ek hoor graag van mede-Worseienaars of hulle al deur hierdie proses moes gaan - of die operasies suksesvol is en of die tweede veearts dalk net 'n geldmaak proposisie gesien het.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Sommige wosries moet ge-opereer word en soms nie. Verskeie faktore moet in ag geneem word, insluitende die graad van aantasting, pyn, neurologiese skade, ens. Dit is nie 'n enkele ja/nee antwoord nie en kan slegs vir elke individuele pasient bepaal word. Die operasie kan wel uiters suksesvol wees as dit nodig blyk te wees.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: kemleandrie@gmail.com | 2015/02/19

My worsie het ook onlangs weer probleme met haar rug sy kanie behoorlik loop nie dit lyk as of sy half dronk is nou my ma het vir haar n oplosbare pil gegee (blackcurent/driehoek pillietjies ) en dit lyk as of dit werk maar ek weet nie hulle praat van om haar uit te sit maar ek weier en die operasie is net soo duur sy oook nog sooo jonk dit het voorheen met haar gebeur toe se die dok ons moet haaar stil hou en dit het gewerk maar dit doen nie die keer nie

Reply to kemleandrie@gmail.com
Posted by: kemleandrie@gmail.com | 2015/02/19

My worsie het ook onlangs weer probleme met haar rug sy kanie behoorlik loop nie dit lyk as of sy half dronk is nou my ma het vir haar n oplosbare pil gegee (blackcurent/driehoek pillietjies ) en dit lyk as of dit werk maar ek weet nie hulle praat van om haar uit te sit maar ek weier en die operasie is net soo duur sy oook nog sooo jonk dit het voorheen met haar gebeur toe se die dok ons moet haaar stil hou en dit het gewerk maar dit doen nie die keer nie

Reply to kemleandrie@gmail.com
Posted by: Este | 2006/02/14

I give my dog bobmartins and pedigree dog food but her hair keeps falling out in bunches. What can i do

Reply to Este
Posted by: Liefie | 2004/10/29

Elke tipe hond het genetiese probleme eie aan sy soort. GSD's het heup probleme, terriers het velprobleme, ens. Ongelukkig is worsies geneig daartoe om rugprobleme te hê. Het een van die bogenoemde veeartse vir jou gesê om die worsie so stil moontlik te probeer hou? Geen oefening of speel nie. Dit en die kortisoon saam sal tydelike verligting bring. Gaan vir 'n 3de opinie en neem jou x-strale saam. Sonder om die veearts van jou worsie se probleem te vertel, vra hom wat hy daarvan dink. Die rugoperasie is ongelukkig duur en jou worsie moet ook vir 'n hele rukkie daarna stil gehou word. Akkupunktuur is ook nog 'n opsie wat jy kan probeer. Baie sterkte!

Reply to Liefie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement