advertisement
Question
Posted by: Blondie | 2004/11/03

Worshond met gebreekte been.

My worshond van 7 jaar het van ons bakkie afgespring en haar been gebreek. Die veearts het 'n sny op haar boud gemaak en 'n pen in haar been gesit, met die hele been wat toe reguit vorentoe gestaan het vir 6 weke lank. Daarna is die pen uitgehaal, maar nou kan die hond nie loop op die been nie. Dit is asof haar been net nie kan buig nie, en die voorpunt van die voet sleep nou. Sy het die langste toon al heeltemal afgeskuur sodat die rou stuk vleis daar sit. Ek sit elke dag salf op en draai pleister daarom, dan lyk dit of sy effens beter op die voet kan trap, maar die been kan definitief nie buig soos die ander een nie. Ek is al raadop want elke nag trek sy die pleister af en lek die wond weer van voor af so rou. Ek het haar weer by die veearts gehad, wat weer plate geneem het en hy sê die been het 100% reg aangegroei, maar dat sy nou artritis het in die been, en dat ek haar fisioterapie moet gee. Hoe sal ek dit regkry? Die storie van artritis glo ek nie, omdat die been liewers inflammasie het van die rou wond aan die toon. Wat doen ek nou? Los ek die wond oop, kan die hond amper nie loop nie, en lig sy die hele tyd die been op, maar die toon skuur nog met tye. Hoe kry ek ooit hierdie wond gesond, wat moet ek opsit, en wat kan ek doen aan die been sodat sy dit weer ten volle kan gebruik? Die been het ook 'n snaakse knop so bokant die lit.

Baie dankie by voorbaat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet


Jammer oor die vertraging. Dit is belangrik dat jy jou veearts vertrou, so as daar nou twyfel is stel ek voor jy kry 'n tweede opinie oor die been, verkieslik vanaf 'n spesialis chirurg. In die tussentyd beskerm asb die tone dat daar geen skade kan plaasvind nie. Ek kan nie veel meer se nie, 'n goeie kliniese ondersoek is nou nodig .


Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Chill | 2004/11/03

As JOU been 6 weke in pleister gesit was sou jy dit ook uiters moeilik vind om dit onmiddelik weer normaal te gebruik. Jy gaan bietjie aan die beentjie moet werk om dit weer buigsaam te kry, en moet veral nie te lank wag nie want die spiere ens gaan net meer aangetas raak.

Jy sal versigtig en sorgsaam te werk moet gaan - buig en strek die beentje saggies verskeie keer elke dag, tot did weer 'losser' begin voel. Dit kan dalk ongemaklik voel vir die hondjie, maar dit behoort nie pynlik te wees nie.

Vra ook vir you veearts hoe om 'n ordentlike verband om die voetjie te draai, met 'n kussinkie om die toon te beskerm. Daar is 'n tegniek hiervoor, jy moet versigtig wees om nie die bloedsomloop enigsins te belemmer nie. As dit reg gedoen word behoord dit verskeie dae te bly sit.

Ek kan nie verstaan waarom jy dink daar kan nie artritis aanwesig wees nie vanwee inflammasie in die toon - die twee het niks met mekaar te doen nie.

As die veearts x-strale geneem het wat wys die beentjie het reg genees, bevestig dit dat die oorsaak van die probleem in die spiere ens sit, en alhoewel dit 'n rukkie mag neem, is die kanse goed dat als weer reg sal kom.

Moet ook nie vergeet dat 'n hond met enige brein baie gou besef dat hoe seerder die been lyk, hoe meer aandag hy sal kry. My ou hond kon MAANDE na 'n voorvalletjie met haar voet weer begin kruppel loop as sy geskat het dit gaan vir haar 'n bietjie ekstra simpatie kry!

Reply to Chill
Posted by: snoekie | 2004/11/03

Al wat ek aan kan dink is dat die been nog gebreek is! As ek jy is vat ek die arme dingetjie na 'n ander veearts vir 'n 2de opinie.
STERKTE!

Reply to snoekie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement