advertisement
Question
Posted by: Moedeloos | 2004/11/23

Wil vinnig 10 kg verloor.

Ek is 37 jaar oud, 1.68 m lank en weeg 70 kg. Het 8 kg opgetel na my egskeiding. Het daagliks 10 - 15 kg gedraf, doen nou al vir 2 jaar byna niks. Voel misilk en onvergenoeg met myself, al my klere druk my. Wat kan ek doen om myself net weer te motiveer? Wil so vinnig as moontlik 10 kg verloor voor my Desember vakansie sodat ek net weer goed kan voel in 'n swembroek. Help my asb! Ek haat my ligaam en myself. Wat kan ek doen om gemotiveerd te wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Moedeloos
Ek dink nie dat jy 10 kg kan verloor voor Desember nie - dit is mos nog net 2 weke of so. Maar jy kan wel begin gewig verloor deur 'n lae-vet, hoë-vesel dieet (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie) saam met oefening te kombineer. Begin dadelik weer met oefen - daardie draf is 'n uitstekende manier om gewig te verloor. Jou huidige BMI = 24,8 (wat net nog binne die normale reikwydte van 18-25 val), maar dit sal wenslik wees as jy wel 8 kg verloor (nie 10 nie) sodat jy 'n ideale BMI van 22 sal bereik - net nie so vinnig nie, want vinnige gewigsverlies lei gewoonlik ook tot vinnige optel. Jy moet ook besluit of die egskeiding nie dalk vir jou laat depressief voel nie, want depressie is een van die oorsake van gewigstoename. Indien jy nog steeds terneergedruk voel, is dit miskien 'n goeie idee om 'n kliniese sielkundige te spreek. Vra jou dokter om jou te verwys or kyk in die Geel Bladsye onder 'Sielkundiges/Psychologists'.
Sterkte en ek hoop jy lyk pragtig in jou swembroek.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

12
Our users say:
Posted by: hulp asb | 2016/02/12

Ek probeer gewig verloor. Werklading is baie. Kinders en amper tieners met hormone. Man het sy eie werk wat hom besig hou. Eet sover moontl im gesond. Moet ek heeltemal ophou of aangaan om biet op n slag te eet amper die hele dag.

Reply to hulp asb
Posted by: afourie7 | 2006/05/29

I am struggling to loose weight. It seems that I only succeed in gaining weight not loosing it and I am getting very desperate!

Reply to afourie7
Posted by: Kan miskien help | 2004/11/24

Aan Moedeloos

Jong ons almal voel maar lui. Jy's nie alleen nie. Maar as jy wil lui wees moet jy 5-6 dae 'n week disipline met jou etery he, en dan een of twee dae per week jouself uit en uit geniet. Alkohol is regtig ongelukkig 'n probleem met gewig aansit, omdat dit baie kaloriee bevat. Die kliniek leer jou egter hoe om jou etery gedurende die dag aan te pas sodat jy jou whisky of wyn saans kan geniet sonder om skuldig te voel. Alles gaan maar op die ou einde oor 'moderation'.

As jy nie die R600 kan bekostig nie, moet jy die dieet wat op hierdie website aanbeveel word volg. Dis nou die een om jou gou voor die somervakansie te laat gewig verloor. Met die aantal kaloriee wat ek in die dieet tel, sal jy tot 1 kg per week kan verloor wat deksels goed is. Met jou lengte sal jy net 5 kg moet verloor om sommer stukke beter te lyk!

Reply to Kan miskien help
Posted by: Kan miskien help | 2004/11/24

To Help

Phone the number on one of the above postings. Its the number of the clinic in Durbanville. They can give you all the info you need.

Reply to Kan miskien help
Posted by: help | 2004/11/24

atten: kan miskien help...
Where can I find more info on that diet for R600?

Reply to help
Posted by: Moedeloos | 2004/11/24

Dankie vir al jul goeie insette na my mail. Net nog 'n vragie, wat is die invloed van alkohol op 'n dieet? Ek het 'n baie stresvolle werk en elke aand na werk drink ek gewoonlik 2 whiskys met sodat, wyn saam met 'n braai ens. My hele probleem is dat ek sukkel om my lewenswyse te verander. Nie lus vir oefen, nie lus vir net water drink nie, sommer net slapgat! Voel ander vrouens ook soos ek of is ek al een met hierdie probleem?

Reply to Moedeloos
Posted by: Aaaa | 2004/11/24

Dankie

Ek het gebel en het reeds 'n nr van iemand in JHB gekry

Nogmaals dankie vir jou hulp

Reply to Aaaa
Posted by: Kan miskien help | 2004/11/24

Spesifieke dieet (lae kalorie, maar gebalanseerd) en daaglikse inspuitings of tablette. Bel hierdie nommer: 021-9756299, heel moontlik kan hulle jou na 'n kliniek in Pta verwys.

Sterkte

Reply to Kan miskien help
Posted by: Aaaa | 2004/11/24

Hi

Nee ek is in PTA - wat behels alles.

Reply to Aaaa
Posted by: Kan miskien help | 2004/11/24

Ja, is veilig. Verg selfdissipline, maar ontsettend goeie resultate. Leer ook vir mens goeie eetgewoontes, dus leefstyl verandering wat essensieel is vir blywende gewigsverlies. As jy in die Kaap bly kan ek sommer die telefoon nommer van die dokter pos, hy het klinieke in Durbanville en Paarl.

Laat weet.

Reply to Kan miskien help
Posted by: aaaa | 2004/11/24

Is dit "save" - waar kan 'n persoon meer inligting kry !!!
Dankie

Reply to aaaa
Posted by: Kan miskien help | 2004/11/24

Waar woon jy? daar is 'n dieet program onder mediese toesig wat sal jou ten minste 6 kg - 8 kg binne 'n maand kan laat verloor. Kos omtrent R600, maar resultate is gewaarborg. Ek het self 6 kg verloor binne 'n maand voor my troue, en dis nogsteeds af. Selfs met net 5 kg af sal iemand van jou lengte great lyk. Laat maar weet.

Reply to Kan miskien help

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement