advertisement
Question
Posted by: Natalie | 2004/10/05

wil gewig verloor, maar het nie tyd om te oefen nie

Hi,

Ek is 'n student en doen 'n baie moeilike kursus. Die gevolg is, ek kry glad nie tyd om te oefen nie. Ek staan 5 uur in die oggende op om betyds te wees vir my klasse (ek bly in 'n ander dorp as die universiteit) - van half 8 af begin ek met my klasse en swot die res van die dag tot 5uur waarna ek huistoe moet ry. By die huis gekom eet ek net en swot weer tot ten minste 11 uur die aand. En naweke gaan dit presies dieselfde.

Dus, ek sit basies die hele dag en selfs al hierdie studie ure is nie genoeg nie - om te gaan oefen is dus nie eers 'n opsie nie.

Is daar dalk enige raad wat ek kan volg om net 'n paar kg te verloor. Ek wil graag 6 kg verloor.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Natalie
Dit klink vreeslik. Ek is seker jy sal so bly wees as jy die dag klaar gestudeer het! Om gewig te verloor moet mens jou energie-inname verlaag en jou energie-verbruik opstoot, dus dieet en oefen. Ek wil graag voorstel dat jy 'n lae-vet, hoë-vesel dieet (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie) probeer. Dan moet jy 'n plan maak om 30 minute in jou besige dag wel bietjie te oefen. Stap rond op die kampus of vra Fitness Doc vir oefeninge wat jy by die huis kan doen - dit sal nie net help met die gewigsverlies, maar ook met die studies want deur te oefen, verbeter jy die toevoer van suurstof en voedingstowwe na die brein. Jy sal sien dat jy minder sal moet studeer as jy 'n half uur per dag afknyp vir oefening.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement