advertisement
Question
Posted by: Sugarbird | 2004/12/07

What must I do

Ek was getroud vir 13 jaar. Het twee kinders. Ek is nou geskei vir 3 jaar. "n Paar maande na my egskeiding ontmoet ek iemand en ons raak bevriend. Glad nie gereed vir 'n verhouding nie. Hy was ook toe al geskei vir omtrent 5 jaar. Ons het mekaar begin bel, begin kuier. My eks was toe baie jaloers en wou my met alle mag terug hê. Oral waar ek en my vriend gegaan het, het hy opgedaag. 'n Paar maande daarna trek ek en my kinders by my vriend in. (Hy het die huis vir ons gekoop). Ek was altyd in vrees want my eks bel en dreig. My vriend was so verstaanbaar en het my altyd opgehelp wanneer ek in trane uitbars. Ek was later al so depressief en natuurlik het my vriend ook begin krapperig raak. Hy het my altyd beskuldig dat ek liewer na my eks moet teruggaan, maar ek voel niks vir die man nie. Ek het toe naderhand by my vriend uitgetrek want die atmosfeer was regtig baie dig. Omdat ek so depressief was, het ek vir baie van my vriende gesê miskien moet ek na my eks teruggaan dan sal almal om my gelukkig wees al is ek dan ongelukkig. 'n Paar maande terug trek ek en my eks saam in 'n huis in. Hy sê hy is baie lief vir my, maar my gevoel vir hom is dood. Ons deel net 'n dak, nie 'n bed nie, want ek is nog baie lief vir my vriend. Hy bel my nog elke dag en sê hy kyk mooi na my huis en dat ek enigetyd welkom is om terug te gaan. (Ek dink my vriend was ook baie geskok toe ek wel uittrek.) Maar my kinders is nou al ook so gekant teen my vriend, soos hulle pa en my familie huiie koppe besoedel het. Ek is baie bang om my vriend te verloor, my kinders is darem nou rustig, almal om my is gelukkig, maar wat van my. Ek is so ongelukkig, ek bly in trane, ek het elke dag kopsere. Ek kan nie eers my vriend gaan kuier nie, want my eks het my gedreig dat indien hy my daar vang is ons albei dood of hy maak verskriklik moeilikheid. Onthou my vriend weet nie dat ek en my eks saambly nie. Maar dit is net wat dit is, dit is 'n dak deel, niks meer nie. Ek voel vir die man niks. Ek kan ook nie nou uittrek nie want ons het saam 'n huurkontrak geteken vir 'n jaar. Die rede vir dit was omdat my eks moes uit sy woonplek trek en ek kon nie die volle huur bekostig het nie. Gee raad asseblief.
Date: 7/12/2004

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

I fully agree with G

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: G | 2004/12/07

WMID, You need to move out your X's place in the long run you will cause your children more hurt than it is worth, your X's attitude and threats obtain a restraining order against him and use it when he gets to within the specified space, show him you mean it, as for your friend you need to re negotiate your friendship slow and sure get your kids to understand and take part in this relationship if he is honest he will work with you.
living under one roof in a loveless enviorment is not good it will only get worse as time drags on to the point you will be at each others throats, not worth it move on and the same goes for your X

Reply to G

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement