advertisement
Question
Posted by: Liezel | 2007/04/16

Wellington SPCA

Liezel le Roux wrote Health24 an email about the state of the Wellington SPCA a few months back, which we used as an article. See 'These animals are desperate' in the Pet Health section under 'Pet Safety'. Also the follow-up: 'Animals no longer desperate'. Liexel would now like to make the following comments:

Ek is die persoon wat die bal aan die rol gesit het deur 'n "heart wrecking" email te tik vir verskeie koerante. Health24 het besluit om my storie te publiseer. Ek was baie bly want ek het seker 'n 100 oproepe gekry van mense wat wou help. Baie mense het geld inbetaal in die SPCA se rekening en baie mense het kombersies, kos en speelgoed op 'n punt gelos waar ek en my ma hulle moes ontmoet het om dit op te tel. Dit het alles na ure plaasgevind. Ek het alles in my vermoë gedoen om te help. 'n Lid of baas van die NSPCA het my gebel na die artikel by hom uitgekom het en die Paarl Pos dit ook wou publiseer. Hy het my gesmeek om dit terug te trek omdat dit hulle ego sou skade doen. Wat ek later gehoor het is dat daar nie vir die diere gesorg word nie, maar dat meeste van die geld "gepocket" word. Dit was nie lank nie, toe het hy bedank. Dit is alles wat ek gehoor het - dit is nie feite nie.

'n Kommitee in Wellington was gestig deur Christine (van F & B Makelaars). Duisende rande se skenkings was gemaak a.g.v my artikel. Spar of Shoprite het aangebied om verniet hondekos te gee ens. Nuwe hokke was aangebou (R10 000 per hok) en die plek het meer ruimte gekry vir die diere. Die ou hokke het ingereën en die diere moes in water slaap. Nuwe werkers was aangestel. Intussen het ek na ure hondekos sakke, blikkies kos en komberse gaan aflaai by die SPCA se hek, niemand het my ooit gesien nie. In ons plaaslike nuusblaadjie (Val De Charonne) was daar ook gepliseer oor die "nood ingryping" wat plaasgevind het by die SPCA a.g.v 'n inwoner (dis nou ek) wat die haglike toestand van die SPCA waargeneem het. Die Val De Charonne het op 'n gereelde basis fotos gepubliseer van die toestand en verbeteringe van die SPCA. Dankseggings is in elke uitgawe uitgedeel vir mense wat skenkings gedoen het en wie nou nuut in die kommitee is.

'n Paar weke terug het ek verneem dat die mense baklei binne die kommitee oor wie is baas en wie kry die eer vir wat. (Hoor asb die volle storie by Christine). Christine het vir my die e-mails aangestuur oor hoe die mense onder mekaar baklei - en dit oor geld en status.

Ek is 31 jaar oud, 'n gewone gestremde (kunsbeen) inwonder van Wellington, wat 'n groot liefde vir diere het, wat toevallig eendag gesien het in watter erge nood die diere by ons SPCA is. Ek het die storie bekend gemaak en kyk hoe snowball dit nou? Ek was nog nie EEN keer bedank vir dit wat ek gedoen het nie, my naam is nog nooit genoem in enige koerant of nuusblaadjie nie. Dit maak seker nie saak nie, ek doen dit vir die diere. Dis een helse catfight tussen die mense en die diere ly daaronder. Dis asof die mense op die kommitee mekaar vertrap vir geld of eer (ek weet nie wat dit is nie). Ek was al telke male gevra om op die kommitee te wees, maar ek weier. Ek gaan nie toekyk hoe mense mekaar vertrap deur selfsugtigheid nie.

Ons benodig 'n ingryping. Ons benodig iemand wat sal beheer neem oor die SPCA, iemand soos Christine, wat omgee vir diere en die beste vir hulle wil hê. Iemand wat sy voet dwars kan neersit. Iemand wat werk maak daarvan om die diere eerste te stel. Dit gaan nie goed soos wat al die skenkers dink dit gaan nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Well done Liezel! Unfortunately this is often the case. I hope that your concern for the animals will result in resolution of this situation. Sterkte!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Liezel | 2007/04/16

Dis 'n groot plesier. Ek doen dit vir die diere.

Reply to Liezel
Posted by: Marietjie | 2007/04/16

Die SPCA is LANKAL nie meer wat hulle voorgee om te wees nie!! Dit gaan LANKAL nie meer om diere te red en nuwe huise vir hulle te kry nie... dit gaan oor geld in die sakke en om die diere so gou moontlik van kant te maak, want hoe langer hulle in die kennels staan hoe meer kos moet hulle kry hoe minder geld in die sakke!!
Elke een mens vertel net een insident wat hulle al beleef het met die SPCA en mens besef dat dit 'n geldmaak storie geword het! Mense wat daar werk wat honde/katte wil red en nie dadelik wil laat uitsit nie word summier afbetaal!!
Wonderlik van jou dat jy probeer het.......
baie hartseer!!

Reply to Marietjie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement