advertisement
Question
Posted by: elsa | 2006/07/26

weird gevoel

ek het gister etenstyd baie benou gevoel. my hart het vinnig begin klop, ek was kortasem en dit het gevoel of ek nie asem kon kry nie. ek sukkel met slym in my keel/bors. dit voel of ek dit nie kan afsluk nie maar ook nie uitbring nie. ek was heel bewerig en koue koors gekry. my polonek hemp het gevoel of dit my wurg. ek het heel angstig geraak want dit het gevoel of ek versmoor. ek moet ook noem dat ek slegs deur my mond kan asemhaal en nie deur my neus nie. as my mond/keel iets makeer voel dit dus dat ek versmoor. ek het die dokter geskakel en sy het aanbeveel dat ek n allergiese middel neem (adco-cetirizine) en ook n kalmeerpil. ek het pax 1 tablet geneem. dit het na n tyd gehelp. ek is baie allergies vir baie dinge, maar ek het nie gister iets geet wat ek nie normaalweg eet nie. dan my allergiee is ook meestal vir gras ens. ek is so bang dit gebeur weer. enige raad

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Elsa
Jy moet maar asb dokter toe gaan as dit weer gebeur - jy kan dalk 'n tipe bronchospasma ( asmatiese aanval) gekry het, of 'n paniek aanval. As jy naalde en spelde in jou arms gevoel het is dit baie waarskynlik die laaste.
Hoekom kan jy nie deur jou neus asemhaal nie? Onthou altyd dat soutwater slym verdun en dat jy daar mee kan gorrel as daar slym in jou keel is ( 1/2 tl sout op 1 kop water)
As jou bors hoorbaar fluit moet jy 'n bronchodilator gebruik soos Solphyllex ( volg asb die dosering aanwysings streng).
As dit angstigheid en/of 'n paniek aanval is, help dit baie keer om in 'n bruin papiersak asem te haal - dit stoot jou koolsuurgas in jou bloed op wat die simptome wegvat.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/01/19

Hi ek wil net. Weet ek het galstene kan dit die oorsaak wees dat ek swaar asem haal. As ek my baba vas hou dan is dit of my bors meer toe trek. Enige raad asb.

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2016/01/19

Hi ek wil net. Weet ek het galstene kan dit die oorsaak wees dat ek swaar asem haal. As ek my baba vas hou dan is dit of my bors meer toe trek. Enige raad asb.

Reply to Anonymous
Posted by: CD response | 2006/07/27

Liewe Elsa
Miskien sal dit goed wees as jou dokter 'n x/straal van jou longe neem en ook dat jy 'n kameratjie sluk om te kyk of daar 'n obstruksie in jou keel is.

Reply to CD response
Posted by: elsa | 2006/07/27

n dokter het vir my gese dat my "vlies" septum wat my twee neusgate binne in skei n gat inhet. n oor neus en keel spesialis het dit bevestig. ek dink dit is die rede waarom ek deur my mond asemhaal. ek voel in die laaste paar dae dat ek nie "baie" kan eet nie. dit voel of die kos in my onder keel vassit en dit blokeer die lug wat ek inasem. dit voel ook of daar "kos" op my bors vassit. ek weet dit klink nie realisties nie, maar dit is hoe ek voel.

Reply to elsa
Posted by: elsa | 2006/07/26

o ja, dit voel ook of ek n swaar gevoel op my bors het en of daar altyd iets in my keel is

Reply to elsa

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement