advertisement
Question
Posted by: minette | 2004/09/23

weight-less

Hi
Ek wil weet of enige iemand sukses met weith-less gehad het. Ek is redelik oorgewig en het al al wat 'n pil, shake en dieet probeer nou is dit weight-less se kans. Ek wil maar net van sukses stories hoor van "gewone" mense of as mense nie sukses net dit gehad het nie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Minette
Ek vertrou dat die ander Lesers vir jou gaan vertel hoe hulle gevaar het. Ek weet dat Weighless uitstekende resultate verkry en dat hulle van 'n gebalanseerde dieet wat al die voedselgroepe insluit, gebruik maak. Dus al werk ek nie vir hulle nie, kan ek jou met geruster hart aanbeveel om hulle dieet te probeer. Enige dieet werk beter as jy dit met gereelde oefening kombineer. Sluit dus ook aan by Walk for Life of 'n goeie gimnasium.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/08/28

wil graag aansluit is daar iemand in Standerton1515

Reply to Anonymous
Posted by: Weigh-less fan | 2004/09/28

Ja ja ja, enige duur dieët werk as jy daarop bly. Weigh-less werk vir miljoene mense en vir die wie dit nie voor werk nie verneuk te veel. Die weeg van kos kom in omdat die meeste mense oorvreet, so dis 'n riglyn hoeveel jou liggaam nodig het. Jou hele familie kan op Weigh-less wees, skep net meer vir pappie in of voeg botter by. Ek was daarop, het doelgewig bereik en wil weer op dit gaan. Die meeste ander dieëte ontneem jy jou liggaam van sekere kosse dus "crave' jy daarvoor. Sluit gerus aan, die inweeg is net om jou te motiveer en opgewonde te maak as jy verloor het. Sterkte!

Reply to Weigh-less fan
Posted by: Bull | 2004/09/27

Hi Minette,

Ek het so 7 jaar aangesluit by Weigh Less en nadat ek my doel bereik het (11.5kg in 2.5 maande) is ek 'n lewenslange lid by WL en gaan weeg ek nog steeds elke 2de week net om myself op te check.

WL is FANTASTIES!!!!!! Jy is NOOIT honger nie. In teendeel, jy sukkel om al die kos opgeët te kry. WL is glad-nie duur om te volg nie. Mense sê altyd dat dit duur kos is wat jy moet eet maar dit is nie. Ek koop niks ekstra omdat ek WL eet nie. As jy wel van die WL produkte koop dan kan dit duur raak maar jy hoef glad-nie WL se produkte te eet nie.

Soos my man altyd sê, by WL mag jy enige iets eet, jy moet dit net weeg:-) Dis ook nog 'n ding wat mense oor hammer is die feit dat jy jou kos moet weeg en daarvoor sien hulle nie kans nie. Wel, WL het so 'n paar jaar "user friendly" geraak en alhoewel hulle vir jou sê hoeveel iets moet weeg, sê hulle ook vir jou ongeveer hoeveel dit is soos bv. rys is 3 groot lepels vol.

Probeer dit gerus. Daardie R130 'n maand is nie naastenby so erg soos die geld wat jy op junk food en dieetpille spandeer per maand nie.

Sterkte.

Reply to Bull
Posted by: lennie | 2004/09/23

Hi
Ek het weighless probeer en was soos n loopplank op en af.
wat ek verloor het ek weer opgetel. Dit werk maar het nie vir my gewerk nie.
Ek het die Dieet wat almal van praat probeer R893.00 vir 3 maande by n apteek in Roodepoort, wel ek het nog 3 weke oor en het al reeds 12 kg verloor.ek het nog 4 kg om te verloor. ek cheat weekends maar vir die eerste maand geen brod of rys en aartappels maar dit werk vir my.
ek voel weighless is duur R130.00 elke maand en vir wat, dan kry jy nog die dames wat jou afsit voor almal indien jy gewig opgetel het.
Probeer dit dit het vir my gewerk en werk nog steeds

Reply to lennie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement