advertisement
Question
Posted by: Susan | 2004/10/20

Weet nie watter kant toe nie

Ek was gemolesteer deur my broer as kind ek het vrede daarmee gemaak, dit was vir my erg want vir lank moes ek met die geheim rond loop, ek het hom gehaat en elke keer wat ek hom gesien het, het al die ou herhinneringe terug gekom. Hy het in die begin van die jaar getrou dit het beter begin gaan vandat ek hom nie meer so baie begin sien het nie. Ek het hom vergewe en alles is nou okay. Die enigste manier hoe ek kon cope was om so veel as moontlik dinge aan te pak om my gedagtes besig te hou sodat ek nie moet stil sit en nonsens uitdink nie, ek kan vreeslik dagdroom, op 'n manier het ek afhanklik daarvan geword om vir my 'n aanvaarbare wêreld te skep, dit maak my partymaal baie depresief, op die ooblik skryf ek eksamen en ek is so moeg. Ek is 'n student en ek het vir baie vakke ingeskryf, die hele jaar al sukkel ek om te studeer dis asof ek op n punt gekom het dat ek nie omgee nie. Ek is verward ek het laas in standerd 5 met 'n ou uitgegaan in daai tyd was dit net briefies skryf. Ek is bang om in 'n verhouding in te gaan, te bang dat dit weer gebeur of as ek kinders het dat dit met hulle ook sal gebeur. Ek het al gewonder of ek nie gay is nie. Ek wou al baie selfmoord pleeg, maar is te bang om dood te gaan so die kanse dat ek so iets sal doen is nul. Ek stimuleer myself gereed, dis al hoe ek partymaal kan cope, ek voel siek vir myself, maar ek weet nie wat om te doen nie. Help.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Check out the facilities where you are studying, for a counsellor through student health. That could help a lot.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Susan | 2004/10/21

Dankie vir die bemoediging, dit doen my goed om net 'n bietjie oor die dinge te praat, ek het nie werklik vriende nie en ek is te skaam om met die enigste een te praat wat ek wel het.

Dankie

Reply to Susan
Posted by: Beyond Tired | 2004/10/21

Hi Susan,
Jy moet definitief vir professionele hulp gaan. Dit is nie noodwendig dat jy gay is nie, dit is 'n kwessie dat jy bang is vir mans agv wat gebeur het met jou broer. Ek weet hoe jy voel en ongelukkig gaan dit nie sommer weg nie, dit herinneringe sal altyd daar wees maar jy moet leer om daarmee saam te leef, te aanvaar dat jy niks daaraan kan verander nie, dit het gebeur. Ek het 'n dogtertjie en ek is elke dag bang iets gebeur met haar, maar glo my vry ek maak die man dood wat iets aan haar doen en "stuff the consequences".
Jy klink soos 'n baie determineerde persoon, so jy sal hierdeur kan kom, glo net in jouself en onthou dat jy 'n spesiale persoon is. Jy sal wel iemand ontmoet wat jy sal kan vertrou en 'n verhouding mee kan he, maar jy moet ook oop wees daarvoor. Ek kan nie belowe dat jy nie gaan seerkry nie, maar as jy nie 'n kans wat nie, dan lewe jy nie regtig nie, jy ploeter net voort. Die lewe is nie maklik nie en daar is altyd moeilike tye maar 'n mens is "amazing", ons kom op een of ander manier daardeur.

Wees sterk, kry hulp en weet dat alles sal reg kom so lank jy dit glo......

Reply to Beyond Tired
Posted by: Phil | 2004/10/21

Ek het nie 'n idee hoe jy moet voel nie. Maar jy is in beheer van hoe jy na die lewe wil kyk, en as jy jouself toelaat om verder in hierdie donker gat van depressie te val gaan dit net erger word. Ek dink regtig dat jy miskien profesionele hulp kry om jou te help om hierdie dinge te verwerk. En toemaar, net die manier en woorde wat jy gebruik sê sommer baie van jou. Jy klink na 'n pragtige meisie, so hou moed.

Reply to Phil

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement