advertisement
Question
Posted by: Keelvol | 2005/12/12

Weet nie meer nie!

Ek is Sept getroud met 'n wonderlike man en het terselfde tyd ook 'n kits ma geword van 'n seun 14 en 'n dogter 7. Ek is baie lief vir hul almal, al gaan dit partykeer baie moeilik. Hul ma bly in PE en is net in -|- ak wanneer dit haar pas. So twee naweke terug het sy Jhb toe gekom en by een van haar ander dogters gebly en die kinders het vir die naweek by hul gaan kuier. Waaroor ek baie bly is, want ek weet hul mis haar. My probleem is net, nou dat sy weer weg is, sukkel ek verskriklik met die dogter. Wanneer dit haar pas is ek goed genoeg, dan word ek selfs ma genoem (hul noem my tannie, en ek druk hul geensins om my "ma" te noem nie). Maar nou ewe skielik word ek nie gegroet nie, daar word gehuil as ek en my man mekaar druk/soen voor die kinders. Ek weet net nie meer nie. Ek probeer my bes om dit vir hul so lekker as moontlik te maak by ons, veral om hul nie baie -|- ak met hul ma het nie. Maar dit is asof al my harde werk net so in die nuut gegaan het, nadat hul 'n naweek by haar was. Ek voel regtig moedeloos! Vanmmore is ek weer geignoreer en glad nie more gese nie. Totdat my man hul gevra het of hul my gegroet het, waar ek toe my "cool" verloor het, en gese het dat sy my nie hoef te groet nie. Ek weet dit was nie die regte optrede nie, ek was net keelvol dat iemand eers iets moet se voordat hul my groet of iets. Kan u asb vir my help met raad hoe om hierdie situasie te hanteer, want ek weet nie meer nie. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

You and your husband need to sit down and have a long talk with the kids, about how they may feel about the divorce, but how you are now a permanent part of the family, and that they are expected to be polite and effectionate towards you. DOn't fel so guilty --- the children are being children and it's not your fault.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: lulu | 2005/12/12

Sjoe, tieners is op die beste van tye maar bietjie moeilik om te verstaan, maar tiener stiefkinders is OMTRENT erg...

Ek stem saam met die opinies hierbo. Jy sal met jou man moet gesels oor die situasie en hoe jy daaroor voel. Hy hoef dit nie te "fix" nie, maar dis belangrik dat sy kinders verstaan waar jy nou in hulle en hulle pa se lewens inpas.

Miskien kan jy by Exclusive Books gaan leesstof kry oor "Stepparenting". Ek het dit gedoen toe ek en my man getroud is (ons het alwee kinders uit vorige huwelike) en dit het my VREESLIK gehelp.

Sterkte!

Reply to lulu
Posted by: ZeeZee | 2005/12/12

Dit klink amper soos my storie hierdie. Ek stem saam met Deubel praat met hulle op 'n mooi manier. Ek het dit gedoen en van toe af gaan dit baie beter. Dis 'n moeilike pad om te stap maar ek het gesien met baie liefde en geduld kan dit uitgesorteer word. Hulle moet weet dat jy nie die vyand is nie en dat jy nie daar is om hulle ma se plek inteneem nie. Ek sorg ook dat my vriend en sy seuntjie hulle "space" saam het soos gaan visvang vir die dag alleen, sodat hy nie moet voel ek vat sy pa weg van hom af nie. Dit het vir my ook op 'n staduim gevoel dit raak te veel (dis hoe ek hierdie wonderlike forum ontdek het), maar ek het vasgebyt en ek pluk die vrugte vandag daarvan. Sterkte vir jou

Reply to ZeeZee
Posted by: Deubel | 2005/12/12

Praat met hulle en verduidelik dat jy nie van plan is om hul ma se rol oor te vat nie, dat sy altyd hul ma sal wees en dat jy net daar sal wees vir ondersteuning indien hulle dit nodig het. Se dat jy hul pa liefhet en dat jy graag vir hom (en sy kinders) gelukkig wil sien.

Reply to Deubel
Posted by: southernwrite | 2005/12/12

Vra jou man man om dit uit te sorteer - hy i smos die ma nie waar nie ??

Reply to southernwrite

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement