advertisement
Question
Posted by: lulie | 2005/11/21

Weet nie meer nie.

Hallo, ek was nou al by so baie dokters en niemand kan vir my sê wat fout is nie. Dit het so 2 jaar gelede begin met pyne onder my linkerkantse bors. Ek het gedink dat dit my hart is en het toe na 'n dokter gegaan, hulle het my gestuur vir 'n "stress test" en alles was normaal. Die pyn gaan net nie weg nie, dit kom en gaan en voel asof dit net erger raak. Ek was nou al by gewone dokters en 'n paar weke gelede by 'n kardioloog wat gesê het dat dit nie my hart is nie, so wat is dit dan??? Ek wonder of dit nie dalk 'n spier kan wees wat ek binne seer gemaak het nie. Ek bly in Amerika en die dokters hier kan my nie sê wat fout is nie. Wat is die engelse naam vir mantelvliesbreuk??? miskien is dit wat fout is. Dankie vir u hulp

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo Lulie,

Na al die ondersoeke sal jy moet aanvaar dat dit nie jou hart is wat die probleem veroorsaak nie – nie ‘n gewone, bekende hartprobleem in elk geval.

Ja, spierpyne kan soms snaaks optree, maar speirpyne raak gewoonlik beter met tyd. Jy kan miskien ‘n slukderm (oesophagus) probleem hê. ‘n Mantelvliesbreuk is ook ‘n tipe slukderm-probleem, en kan van twee basiese soorte wees : die engelse naam is “hiatus hernia,” en dit kan of ‘n “sliding” of ‘n “rolling” tipe wees. Die diagnose is gemaak deur ‘n bariumsluk toets, alhoewel baie dokters nou probeer om dit deur ‘n gastroskopie te demonstreer. Die bariumsluk bly die goue standaard toets. Dit kan ook esophago-spasma wees – probeer om ‘n halwe glas warm water te drink as jy die pyn kry. Die warmte kan die spasma breek en verligting verskaf.

Ek hoop jy kom reg met die dokters daar.

Groete,

HeartDoc.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement