advertisement
Question
Posted by: Christine | 2004/11/12

Wees-katjie se optrede

Ek het 'n klein wesie gekry by iemand wat haar nie wou gehad het nie, en die mense kon nie sê hoe oud die katjie is nie. Sy was baie klein, sy het net-net in my hand gepas. Ek het per toeval agtergekom dat sy goed eet en gee haar klein-katjie kos, van die blikkie-soort en die sakkies. Hoe bepaal 'n mens hoe oud sy ongeveer kan wees? Omdat sy te vroeg weggevat was by haar ma, probeer sy baie keer aan my nek suig wanneer ek haar optel. Ek is al vol klein-katjie "love-bites", haha. Leer hulle dit af, of is daar 'n manier waarop ek haar dit kan afleer? Kan iemand vir my sê of dit haar emosioneel sal affekteer as ek haar keer om dit te doen? Ek het geen probleme met haar nie en sy speel te lekker saam met my ander katkinders. Enige raad? Wat sê ons diere-kenner?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hi Christine
Kittens should be fed on kitten pellets which you can wet with warm water to make a sort of porridge. As she gets older you can leave it more dry. The tins and sachets are very rich in protein and are not balanced, but are good for the odd treat.
There are various milestones that can help to determine a kitten's age, but the vet will be able to tell more accurately. Here are some indications:
First teeth: 3 to 4 weeks old
Excretion without help from the mother licking: +-4 weeks old
Weaning from milk to solids: 6 to 8 weeks
Permanent teeth: 3 to 6 months
Suckling on humans is common, especially in kittens that have been taken away from their mothers too early. It can become a problem later on, so I suggest you don't encourage it. The best would be for the kitten to be fostered by another cat with kittens, even if they are smaller than her, but this may not be possible. To save your neck you could re-direct the behaviour onto a toy of some sort, but don't punish her or reprimand her for it. I am glad she has other cats to play with and I'm sure she will grow up relatively normally because of this.
Karen Gray-Kilfoil
ANIMAL BEHAVIOURIST

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: Karin Harmse | 2014/10/11

Help asb ons het 2 baba katjie wat ons mamma kat weg gooi het by die vet melk gekry hoeveel keer moet hulle drink en hoeveel keer moet hulle pooh en wanne leer hulle self te eet sukkel om vir hulle voeding te gee HELP asb

Reply to Karin Harmse
Posted by: Nadia | 2014/01/23

Ons het ook weereens 'n katjie opgetel in Gaansbaai hierdie vakansie en haar na die SPCA geneem waar hulle haar so 6-8weke oud geskat het. Ons het gedink dis 'n 'SY' maar toe is dit 'n 'HY'. Hy is baie oulik en my ander een kat het haar mooi aanvaar want hy is soos 'n MA kat - baie rustig en verdraagsaam, maar my ander kat, Tigger, is 'n jaar oud en het aanvanklik gespeel maar het net nou die dag vir die kleintjie aan die nek beetgekry. My man het amper 'n oorval gekry en hom verskree. Tigger bly nou weg van die kleintjie af, maar ons is bekommerd. Die kleintjie le en slaap meer as gewoonlik en dink my dogter is sy Ma! :-) Hy eet die groot katte se pille, Hill Science, en ook klein stukkies hoender sonder vel wat sag is, maar hy is baie stiller as gewoonlik. Hy speel nie soos altyd met sy stertjie en val rond nie. Is daar iets fout en moet ons hom weer SPCA toe neem, want hulle het hom geboek vir sy volgende inspuiting in Februarie? Wat kan die probleem wees? Baie bekommerd oor ons babatjie! Nadia

Reply to Nadia
Posted by: Lilanie 2 | 2013/04/04

Hi het iemand raad v my ek het n klein baba katjie by ons werk voor die deur gekry inn tyre blyk iemand het haar daar neergesit haarogies is al oop sy bly huil en skreeu maak my mal ek gee nou op die oomblik ideal melk verdin met water en n rou eier gemeng maaral eet sy skreeu sy ng hulle se ok mens moet ha stimuleer sodat haar magie moet gaan is dit nodig? al waneer sy stil is is waneer slaap op warm water sak onder kombers in boksie gebruik hulle al so klein n sandbak groete Lilanie

Reply to Lilanie 2 | 1 comment (hide)
Posted by: Annemarie | 2016/01/05

Hi, ja jy moet haar dringend stimuleer met 'n lou warm lappie sodat sy kan urineer. Mamma katte doen dit vir 'n paar weke todat die kleintjies self die sandboks kan gebruik. Jy moet by jou naaste Vet gaan vra vir die melk vormule wat jy kan aanmaak vir baba katjies. Bees melk of Ideal kan hulle erg hardlywig maak. In so geval kan jy Laksapet - is nie seker van spelling - ook by jou apteker kry wat die magie weer sag maak - katte is mal daaroor. Hoop ek kon help.

Posted by: Carol | 2004/11/12

I would guess that kitty is about 4 wks ,, she is tiny but eating .. sorry im not replying in afrikaans .. sheer laziness on my part.

Lucia makes a lot of sense .. ive another month or so and then try her plan. Its also quite possible that one of your older kitties will play "mom" .. I have a 7kg tom cat who thinks he is mom and tolerates allsorts of abuse by teenies.

Reply to Carol
Posted by: Lucia | 2004/11/12

Hi Christene

As 'n katjie so hopeloos te vroeg van die ma af weg is, dan is die kanse goed dat sy feitlik lewenslank hierdie suig gewoontjie gaan he. Sy het basies die "speen" tydperk gemis deur te vroeg van die ma verwyder te word. Ek weet nie of dit gaan werk nie, maar jy kan maar so op jou manier probeer om haar te "speen". Ek weet 'n ma kat wat reg is om te speen, spring gewoonlik op sodra die kleintjies probeer drink - hulle kry na 'n rukkie die boodskap (daai lekker is nou nie meer beskikbaar nie). Miskien moet jy maar dieselfde probeer. As sy na jou nek beweeg om te suig, sit haar langs jou neer, staan op en stap weg - moet niks se nie, hulle leer vinniger met gebare as met woorde. Wees redelik ferm en moet haar nie jammer kry nie.

Jy kan haar nou reeds neem vir haar inspuitings en die veearts behoort nagenoeg te kan skat hoe oud sy is.

Reply to Lucia
Posted by: Jackie | 2004/11/12

Jong dit is moeilik om te bepaal...ek weet ek het ook n katjie gekry ons het haar toe sowat 2weke geskat,,haar ma het haar verwerp...so ek moes haar groot maak met n bottel en kate melk. Sy het ook aan my gesuig en doen dit nog steeds en ek dink sy is nou al 5maande! sy kom le op my en slaap by my.

Ons het n band soos ma en kind, sy soek my gedurig. Wat die suig aan betref sal die ander jou seker mee kan help!! onthou sy het jou nou aan geneem as haar ma,geniet haar!!!!! Teminste moet jy haar nie met n bottel voer en elke 2ure wakker maak vir n voeding nie!!!!! ek moes dit gedoen het...en ek het dit geniet!!! sy is my baba in die huis.

Die ander 3 katte speel ook met haar alhoewel ek dink hulle het ander idees met haar, sy word nou Maandag reg gemaak so hulle luck is uit!! :) en my hondjies speel ook met haar.

Hoop jy kom reg!!!

Reply to Jackie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement