advertisement
Question
Posted by: VERLORE | 2007/02/26

WATTER KANT TOE?

Ek weet nie meer watter kant toe nie! Ons is 16jaar getroud, en dit voel of my hele lewe besig is om in duie te stort.

Daar gaan omtrent nie meer 'n dag verby dat daar nie 'n argument in ons huis is nie. As dit nie gaan oor die my "ongeduldigheid" en "haat" teenoor die kinders (14,12,10), dan gaan dit oor my alewige "moegheid" of omdat ek, 'n vriend wat deur 'n egskeiding gegaan het, se optrede, hy het 'n verhouding met 'n ander vrou gehad, goed gekeur het. Wat nie die geval was nie.

Ek het met 'n vriendin gesels oor hartsake, net 'n paar goedjies gemention, toe gaan vertel sy vir my man ALLES wat ek vir haar gesê het, en trap hom half uit omdat hy my "afskeep". Ek het net nodig gehad om hierdie goed wat ek vir haar vertel het van my bors af te kry, wou nie gehad het dat hy dit so moes uitvind nie, ek sou dit self hanteer het. Toe kom die beskuldigings dat ander mense meer weet van ons sake en spesifiek my harst-gevoelens.
Een aand het ons tot laat gekuier, en ek het op die bank aan die slaap geraak, die vriendin was daar, op 'n stadium het ek wakker geword, en gehoor dat hy vir haar sê dat hy net daar is vir die kinders se onthalwe, en niks meer nie. Toe ek hom daarna uitvra - ook eenaand tydens 'n argument waarin beskuldigings rond geslinger is, toe sê hy, dis iets wat hy 2jaar terug vir iemand gesê het, en dat hy nie meer so voel nie. Ons het weer Saterdag-aand saam met vriende gekuier en toe almal weg is het hierdie vriendin agter gebly. Toe raak ek en Hubby weer in 'n argument betrokke, en hoe meer ek vir hom probeer sê het om dit te los tot later, hoe meer het hy aangegaan. Totdat die vriendin op 'n stadium gesê het dat ons onregverdig optree teenoor haar, en dat een van die grootste rede hoekom sy nie meer so baie kom kuier nie, was omdat ons ALTYD baklei as sy daar kom. Vir ander mense lyk dit of ons die BESTE huwelik in die wêreld het, maar sodra ons alleen is, dan begin die 3rde wêreld oorlog.

My man sê ook dat dit vir hom voel of ek nie meer in ons huwelik wil wees nie. Laas jaar het hy vir my gesê, toe ons terug gekom het van vakansie af, dat hy my voor Maart 2006 gaan skei.

Sjoe, dit klink of ek hom hierdie monster uitmaak, EN DIT IS HY BESLIS NIE - EK IS SOOOO LIEF VIR HOM! En hy sê dat hy vir my ook lief is. Ek het gister oggend vir hom gesê dat ek nie weet hoekom hy nie glo as ek vir hom sê dat ek vir hom lief is nie, toe sê hy, hy glo my, maar sy optrede wys dit nie.

Vir die meeste van die tyd, wanneer ons saam met pelle kuier gaan dit goed, totdat ons in die bed klim, dan begin die SELFDE argument weer. Ek weet nie eers altyd HOEKOM ons begin baklei nie, maar ons doen.

Ek het al daaraan gedink om vir berading te gaan, maar ek's bang dat ek WEEREENS beskuldig te word dat ander mense meer weet van ons sake as wat hy doen. En dan die vraag: HOEKOM KAN EK DIT NIE MET HOM BESPREEK NIE - maar as ek doen, word die goed wat ek wel met hom bespreek terug gegooi na my kant toe en dat is dit EK wat verkeerd is. As ek wel die dag die moed bymekaar skraap om met hom te praat, en raak dan emosioneel - soos wat ons vrouens maar doen - dan word daar vir my gesê dat ek onregverdig is om te huil, want dan maak ek hom uit om hierdie monster te wees, en dit GLAD NIE die geval nie. En dat hy nie teen my trane kan baklei nie. HOE HOU EK OP HUIL AS EK SOOOOO VREESLIK SEER HET.

Sowat 2 weke terug het ek vir hom 'n e-mail gestuur met 'n paar goed wat my BAIE pla - GROOTSTE FOUT VAN MY LEWE!

Sjoe, ek kan nog baie skryf!

Ek gaan nou maar eers ophou en kyk of ek kan aangaan met werk. Hoop daar kom darem iewers vir my verlossing van hierdie gevoel van "NIKS" wat ek nou voel!

Dankie dat julle lees!




Ek het 'n afspraak gemaak by my GP vir vanmiddag, en wil by hom hoor of hy nie dalk vir my 'n anti-depressant kan voorskryf nie. Die rede hiervoor is dat ek baie harde selfondersoek gedoen het die afgelope tyd, en besef het dat dit dalk MAG voorkom asof ek nie gelukkig in my huwelik is nie. Maar dit voel vir my hoe meer ek probeer om gelukkig te wees en my man gelukkig te maak, hoe minder kry ek dit reg.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Maria | 2007/02/26

Hallo Verlore
Jou GP is 'n goeie beginpunt, maar 'n anti depressant is nie 'n "gelukkig voel" pilletjie nie. Jy en jou man sal moet uitwerk wat onderliggend die probleem is en daaraan werk. Dit klink asof julle vasgevang is in 'n gedragspatroon wat julle moeilik self sal verander kry. Vra jou GP om jou te verwys na 'n goeie sielkundige of huweliksterapeut.

Jy kan dalk ook die boek Five Love Languages van Gary Chapman lees om 'n paar idees te kry oor hoekom julle dalk nie mekaar se behoeftes vervul nie.

Reply to Maria

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement