advertisement
Question
Posted by: pokkel | 2003/03/15

waterretensie en voorbehoedpille

Ek sukkel met waterretensie en het onlangs toetse vir my niere, hormone en skildklier laat doen. Die uitslae was normaal. In 'n tydskrif het ek 'n artikel gelees wat sê dat daar 'n voorbehoedpil is wat juis help om waterretensie te verlig. Ek is tans op Nordette en wil weet of u enige iets anders kan aanbeveel. Die probleem is so erg dat ek snags wakker word van my hande en voete wat pyn en bedags kan ek selde my ringe aansit. Ek dink nie dit is heeltemal normaal nie. Ek probeer om my soutinname te beperk, maar dan kry ek krampe in my bene as ek oefen. Ek is moedeloos!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Pokkel, ek dink die pil wat jy na verwys is Yasmin®. Dis ongelukkig nog nie in SA beskikbaar nie.
Die beste sal wees om te probeer uitvind waarom jy so water terug hou – ‘n internis sal die beste wees om te gaan sien. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement