advertisement
Question
Posted by: NUUSKIERIG | 2007/04/12

Water inname en dieet

Hallo Doc

Ek het gister by Weigh-Less aangesluit en die groepleier het vir my gesê ek moet 2 L water elke dag drink. My vraag is: As ek nie 2L water elke dag inneem nie, sal dit my gewigsverlies belemmer en dan het ek ook eendag gehoor dat om baie water te drink nie jou gewigsverlies bevorder nie. Vir my lyk dit maar net na 'n gesonde manier van doen, wat niks met gewig uit te waai het nie. Is ek reg?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nuuskierig
Oor die algemeen, neem mense te min vloeistof in, en dus word daar gewoonlik aanbeveel dat mense ekstra water moet drink. Volwassenes het omtrent 2,5 liter Vloeistof per dag nodig - wat uit enige soort vloeistof kan bestaan (water, tee, rooibostee, koffie in matige hoeveelhede, vrugtesap, koeldrank, ens, ens). As jy alreeds 2,5 liter vloeistof inneem dan is dit nie eintlik nodig om nog meer te drink nie. Wat gewigsverlies aanbetref, word water gewoonlik aanbeveel sodat die persoon nie ander energie-ryke drankies (volsterkte vrugtesap, suiker-versoete koeldranke, ens) drink nie.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement