advertisement
Question
Posted by: Cee | 2007/07/27

Water

Goeie Middag. Ek is 'n dame van 21 en die afgelope tyd wil dit lyk asof daar water op my voete is. My voete is nogal geswel en baie seer as ek in die oggende opstaan. Baie mense het dit al opgemerk en voorgestel dat ek water pille gebruik. Is dit normaal vir iemand van my ouderdom om water op my voete te hê? Is daar nagevolge en gaan ek dan verewig op water pille wees? Moet ek my huisdokter gaan spreek? Baie dankie vir u tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cee

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jy jou huisdokter besoek, aangesien daar patologiese redes vir konstante waterterughouding en edeem van die voete kan wees, bv. diabetes en hartkwale. Gewoonlik is daar geen duidelike oorsaak nie en is die toestand gering van aard. Jou huisdokter kan vir jou 'n ligte water tablet voorskryf om die toestand te beheer. Jou simptomes behoort van korte duur te wees en na die gebruik van die water tablette, behoort dit vanself te verdwyn.

Groete


Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement