advertisement
Question
Posted by: Moedeloos | 2005/07/04

Water

DietDoc

Ek is nie baie lief vir water nie, en probeer om meer te drink.
Een van my kollegas het voorgestel ek moet Bonaqua se gegeurde
sparkling water probeer. Dit is baie lekker, maar ook baie soet.
Ek wissel dit nou af, een bottel (500ml) Bonaqua en dan weer 1 liter kraanwater. Ongelukkig is daar nie enige inligting van % innames op die bottel aangedui nie, en weet ek nie of ek myself eerder benadeel nie.

Hoop u kan my help.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Moedeloos
Ek het self nie 'n bottel Bon Aqua byderhand om te kyk of hulle wel 'n energiewaarde op die etiket aandui, al dan nie. Ek vermoed egter dat die soet smaak deur versoeters soos aspartaam of siklamate verkry word, m.a.w. dit sal geen bydrae tot jou energie-inname maak nie. Dit is egter belangrik om nie te veel water te drink nie, 3-4 koppies van 250 ml is meer as genoeg aangesien jy tog seker ook ander vloeistowwe drink. As mens te veel water drink dan kan dit tot uitwassing van belangrike minerale soos magnesium, kalium, natrium en kalsium lei en elektrolietwanbalanse veroorsaak. Matigheid is alles, is altyd die oplossing.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement