advertisement
Question
Posted by: Tasha | 2008/08/06

Wat moet ek drink?

Hallo doc, Ek is in my 20' s en kuier elke naweek saam vriende ens. Ek volg ' n lae-vet lae GI diet saam Xenical maar verloor niks gewig(vir 1 en halwe maand al) oor die alkohol oor die naweke nie! Wat kan ek drink wat nie so vet maak nie?
En hoe kan ek vir waterretensie en insulien getoets word? Is daar enige simtome vir die bogenoemde?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Tasha
Om jou laaste vrae eers te beantwoord: As jy jou mediese dr vra om 'n algemene ondersoek te doen, sal hy/sy wel kan vas stel of jy aan waterretensie ly. Die dr sal jou dan ook kan stuur om jou insulien- en glukosevlakke te laat toets. Die simptome van waterretensie is dat jou enkels en voete geneig sal wees om te swel en dat jy soms meer weeg (bv tydens menstruasie). Insulienweerstand neig om jou gewig te laat aansit en stuit pogings tot verlies. Sommige mense voel ook chronies honger en mag op tye flou voel a.g.v. lae-bloedsuikervlakke. Wat drink van alkohol aanbetref, moet jy probeer om dit geheel en al te staak, want alkoholiese dranke bevat baie energie (29 kJ/gram) en as jy wel insulienweerstand het, dan is dit ook teenaangedui. Drink dus sodawater of koeldranke soos Sprite Zero, Coke Light, ens, wat met sintetiese versoeters gemaak word en geen energie tot jou dieet bydra nie. Teen hierdie tyd moes jy met die lae-vet dieet en Xenical al gewig verloor het. Noem dit asb ook vir die dr.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Jean | 2008/08/07

My skat ek is bly jy soek hulp, maar ek is 24 en ook nog jonk, maar ek drink nie het nog nooit en ek kan fun hê  sonder drank. Bederf jouself met ' n glasie rooi wyn so een keer in die maand, maar bly weg die res van die maand. sterkte alle sukses vir jou.

Reply to Jean
Posted by: Tasha | 2008/08/06

Hi Jean, ' n mens is eenkeer jonk en ek dink nie ek sou vir diet doc gevra het as ek nie regtig wil gewig verloor nie!!!!!!

Reply to Tasha
Posted by: Jean | 2008/08/06

As jy regtig wil gewig verloor dan hou op drink, as jy oorgewig is is jou gesondheid nie belangriker as die drank nie. so vra jouself weer die vraag of jy regtig wil gewig verloor.

Reply to Jean

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement