advertisement
Question
Posted by: Amanda | 2006/07/26

Wat kan ek doen vir my rug?

Ek kry al vandat ek my tienerstadium beryk het, puisies op my rug.
Dis aaklig!!Ek kry nie sommer puisies in my gesig nie, waaroor ek baie bly is, maar my rug is n pyn.Ek kan nie n toppie aantrek wat eers net bietjie wys nie, ek kry te skaam.Ek het al die son probeer, dit werk vir n tydjie, dan kom dit weer.Ek wil nie so baie in die son sit nie.Ek kry baie swartkoppies op my rug wat eventually puisies maak.Dis vir my moeilik om my rug te was, want as ek hom gewas het dan is hy droog(ek bly in Namibie) en dan kan ek hom nie cream smeer nie, dis te olierig.
Is hierdie tipe goed in mens se gene - "erf" jy dit by jou pa of ma?
Ek kry ook Skotse Fraan - dis een baie groot puisie, maak amper soos n pitsweer.
Wat kan ek gebruik of doen om dit beter te maak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

Dit klink of jy aknee van die rug het. Dit is nie ongewoon dat aknee hier voorkom nie. Hierdie tipe aknee is dikwels baie weerstandig teen behandeling. Omdat daar "swartkoppies is wat puisies maak" dink ek dat jy antibiotika per mond moet neem vir ten minste 3 maande. Jy is heeltemal reg-gene speel sonder enige twyfel 'n rol in die ontstaan van aknee. Gaan sien jou AP.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement