advertisement
Question
Posted by: Is ek? | 2007/07/24

Wat is die kans?


Ek gebruik Triphasil en het van my laaste menstruasie (2 Julie tot 6 Julie) nog nie 'n pil gemis nie, maar het dit al tot 27 uur uit mekaar geneem en nie presies 24 uur soos almal sê dit moet wees nie.

Die enigste medikasie wat ek tot dusver gebruik het was Adco-Dol pynpille, Viral Choice en 'n gewone multivitamien (Nutraton).

Ek het by tye seksuele omgang gehad vanaf die 7de Julie. Vanaf Donderdag 19 Julie voel my borste gevoelig, maar nie onuithoudbaar seer nie.Ek het by tye 'n naar gevoel, maar gaan dit gou verby en gooi ek glad nie op nie. Dit voel kompleet of ek 'n "gewig" in my maag ronddra en of my maagspiere die hele tyd saamtrek in die area onderkant my borste tot bo my naeltjie.

My volgende menstruasie moet begin op 30 Julie en wil ek graag weet wat die kans kan wees dat ek swanger is en kan swangerskap tekens so gou verskyn?

Hoe effektief is Triphasil indien dit nie presies 24 uur uit mekaar geneem word nie? Dan ook net - presies hoe keer Triphasil 'n swangerskap? Keer dit slegs ovulasie of keer dit ook dat, indien daar bevrugting sou plaasvind, dat die embrio kan heg aan die baarmoederwand?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageGynaeDoc

Your question was answered in your previous post.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement