advertisement
Question
Posted by: ?????? | 2008/05/26

Wat beteken dit?

Hallo

Ek was vir 'n MR gewees vir my knie. Die bevinding wat die dr by die MR gemaak het is die volgende:
* Daar is 'n klein hoeveelheid vog in die mediale reses van die supra patellere bursa maar daar is geen groot effusies nie.
* Daar is gering verhoogde sein sentraal in die posterior horing van die mediale meniskus maar hierdie kommunikeer nie met die gewrigs oppervlak nie en word dus nie as patologies beskou nie.

Ek het geval en kan nog steeds nie my knie reguit maak nie en dit na 3 maande. Wat kan die fout wees?

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jy die dokter raadpleeg wat die MR aangevra het. Hy/sy sal vir jou kan wys wat dit alles beteken, aangesien dit moeilik is om dit vir jou te verduidelik, want jy sal dit nie verstaan nie. Vra hom/haar dus om dit op die MR vir jou te verduidelik.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement