advertisement
Question
Posted by: A | 2006/11/07

Wat beken "Insulienweerstand"?

Hallo Dokter,
wat beteken dit as mens insulienweerstand het? Beteken dit mens het suiker of is dit iets anders?
Kry mens medikasie daarvoor, hoe kan die stiuasie reggestel word, en hoekom het dit 'n invloed op gewigsverlies?
Wat behels die toets alles? Ek neem aan dit word gedoen dmv 'n prik op die vinger. Hoe lank neem dit om die uitslag van die toets te kry?

Dankie solank

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo A
Mense wat insulien weerstandig is, is nie diabete nie, hulle het genoeg insulien maar hulle selle is weerstandig en daarom is hulle geneig om oorgewig te word en diabetes simptome te kry. Gewoonlike word 'n vastende behoorlike bloedtoets geneem en bloed weggestuur na 'n laboratorium - uitslag is gou terug - 'n dag of twee. Mens kry medikasie wat jy daarvoor kan neem maar dit is baie belangrik om 'n regte dieet te volg en om elke liewe dag te oefen - 1/2 se stap is genoeg selfs al breek jy dit op in 3 x 10 minute stappe. Die dieet is lae GI, min suiker, 3 groente en 3 lae GI vrugte per dag, ses klein etetjies en proteiene by elke ete al is dit 'n yogurt of 'n stukkie kaas. Kyk op die health 24 website vir meer inligting oor lae GI diete.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement