advertisement
Question
Posted by: Romè | 2007/04/18

Was ek verkeerd?

My verloofde se ma woon by ons na die dood van sy pa. Sy is baie lief vir die klein glas ornamentjies en het dit die hele woonstel vol. Ek persoonlik hou nie van die goedjies nie want volgens my is dit stof gaardertjies wat orals in die pad staan.

Ek het 'n week gelede 'n operasie ondergaan en mag tans net vloeistowwe inneem. Gister aand na 11 was ek honger en E het vir my gaan sop maak (hy spoil my behoorlik) en het een van die glas goedjies van die kas afgestamp en dit het gebreek. hy het in die gebreekte glas getrap en sy voet lelik gesny, so erg dat hy moet steke kry. E se ma het in die kombuis in gestorm en op hom begin skree dat hy dronk is en dan alles breek. Ek het gaan kyk wat gebeur in die kombuis en die eerste wat ek gesien het is die klomp bloed op die vloer. Ek het dadelik my mediese sak (ek is 'n paramedic) gaan haal en die wond behandel. Toe sy ma die bloed sien het sy nog meer op hom geskree. E het twee biere vroeër die aand gehad, maar genade hy was nie dronk nie.

Ek het my vir E se ma vererg en het haar vertel om stil te bly want hy is nie dronk nie en dat haar glasgoedjies altyd in die pad is en dit was net 'n kwessie van tyd voor iemad sou seerkry met die goed, want ek het self al 'n paar afgestamp.

Sy het daarna begin kla oor al die bloed op die vloer en dat die bloed sleg ruik. Dit was die laaste strooi. Ek het haar vertel dat sy dit nie hoef skoon te maak nie, dat ek dit self gaan doen en as die reuk haar so pla moet sy eerder na haar kamer toe gaan en daar bly tot ek alles opgeruim het en E versorg het.

Ek voel sy was uit haar plek deur so op hom te skree en dit is nie die eerste keer nie, dit gebeur daagliks. Sy kla oor alles en nie ek of E kan dit meer hanteer nie, maar praat hy met haar daaroor dan word daar vir almal wat wil luister vertel dat sy soos 'n weggooi hond behandel word. Sy het alles wat haar hart begeer maar nog is sy nie tevrede nie.

Ek voel vanoggend sleg oor ek haar gister aand so hard aangespreek het oor haar gedrag, maar ek kon dit nie meer verdra nie. Die Here leer ons dat ons, ons Vader en Moeder moet eer, maar genade 'n mens kan ook net soveel hanteer.

Elke keer as E sy ma aangespreek het oor haar gedrag het sy vir 'n dag soos 'n kind gesulk en ek het my nog altyd daar uitgehou, want dit is sy ma. Was ek verkeerd gewees om my voet neer te sit en haar aan te spreek, dit is immers my en E se huishouding en ons het haar uit die goedheid van ons hart ingeneem, omdat niemad ander haar wou help nie, omdat sy so kla.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Hello R,
Of course his mom has been behaving badly. If she is to stay with you, her glass ornaments should say in her own room, and not be scattered through the house --- while she lives under your roof, she should work under your rules, not her own. And remind her that if she has so many complaints and doesn't like the place, she is free to go somewhere else.
Yes, we are supposed to honour our father and mother --- but they are supposed to be honourable, and to treat us with respect too --- that biblical idea doesn't mean that parents can do whatever they like towards their children, without being criticized.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: lady nina | 2007/04/18

hello daar

2 vrouens in een kombuis kan nie werk nie
veral as daar nie respek tussen julle is nie en dit klink nie of the tannie jou of haar seun met respek behandel nie

dit is julle huis en sy moet haar goedtjies in haar kamer hou, tensy dit haar huis is en sy vir alles betaal

sy kry seker swaar na die oom se dood en alhoewel n mens simpatie met haar het gee dit haar nog steeds nie die reg om julle lewens ongelukkig te maak nie

tensy sy haar houding gaan verander en julle met die nodige respek behandel sien ek swarigheid vir julle vorentoe

jy kan se net wat jy wil solank jy dit om n mooi manier se
soos dit vir my klink het jy reg opgetree maar julle moet haar vasvat met liefde, haar laat weet julle gee om maar tensy sy self respek het is daar nie veel hoop dat daar n oplossing vir hulle gaan wees nie

nina

Reply to lady nina

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement