advertisement
Question
Posted by: Liefie | 2004/10/29

Want to have a baby!!!

Ek was op die pill 10 jaar terug vir 4 jaar. Ek het daarna vir die tweemaandelikde inspuiting gegaan. Ek is 25 jaar oud en wil bitter graag met 'n gesin begin. Ek het al vir 'n laporoskopie gegaan en verskeie papsmere en sonars (al die tipes) ondergaan. Die probleem is dat ek nie ovuleer nie. Ek was al vir drie verskillende kere op Clomid behandeling en die laaste keer het ek profasie inspuitings daarby gehad. Dis net asof die ginekoloë nie bekommerd is nie. Of wil hulle net nie help nie? Ek dink nou daaraan om te gaan vir A.I. Die kostes daarvan is hoog en die suksessyfer lyk nie so goed nie. Elke keer wat my maandstonde laat is raak ek opgewonde. As ek dan 'n swangerskaptoets laat doen, en dit negatief terugkom, voel dit of iemand my hart uitgeruk het. Ek is met P.C.O.S. gediagnoseer. Wat staan my te doen. Help ASSEBLIEF!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageGynaeDoc

Unfortunately, PCOS and not ovulating can be a difficult problem to manage and can tak lots of time and effort. Your doctors have done the right thing in giving you Clomid and Profasi. You should also try losing weight, and Metformin may help. I would suggest that you see a fertility expert at this point.

Best wishes

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Golly | 2004/10/29

Liefie,

Moenie toelaat dat dokters jou nie ernstig opneem nie. Gaan na 'n gynie wat spesialiseer in infertiliteit. Hulle sal jou ernsitg opneem en vir jou 'n program uitwerk wat jou toestand pas. Hulle sal ook net AI doen wanneer jou siklusse normaal is en hulle kan bepaal presies wanneer jy ovuleer.

Jy betaal dus is jy die klient en as sulks het jy die reg op goeie behandeling, openlike verduidelikings oor jou simptome, ens. asook 'n plan van aksie om jou te help. Vra rond vir 'n spesialis of plaas die vraag op die forum - onthou om te se waar jy woon. Indien jy nie gemaklik voel met 'n spesifieke spesialis nie, soek iemand anders, maar soek iemand wat spesialiseer in soortgelyke probleme en die ondervinding het om jou te help.

Baie voorspoed!

Reply to Golly

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement