advertisement
Question
Posted by: Leo | 2006/07/19

Wanneer is die beste tyd om te weeg?

Ek het besluit om my leefwyse te verander. Is 29 jaar oud, weeg nou 77 ( het 4 weke gelede 80 geweeg), is 1.53m. Dus so lekker gevoel om te sien jou jy gewig verloor. Doc, ek wil net weet wanneer is die beste tyd om te weeg, soggens of saans? Dit gaan soms moeilik maar ons moet almal moed hou en een van die dae sal ons die vrugte pluk. Sterkte aan almal wat gewig probeer verloor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Leo
Baie geluk met jou besluit om iets proaktiefs te doen oor jou gewig en dat jy al 3 kg verloor het. Dit is essensieel dat jy jou in die oggend weeg aangesien liggaamsgewig geneig is om met die verloop van die dag te vermeerder. Dit is ook raadsaam om jou een keer per week te weeg pleks van elke dag aangesien daaglikse skommelings jou kan laat mismoedig voel. Weeg jou dus elke week op dieselfde tyd, bv. Maandagoggend.
Hou aan met jou dieet en soos jy meer gewig verloor, voeg ook gereelde, daaglikse oefening by soos om flink te gaan stap vir 30 min per dag. Oefening stimuleer die metabolisme en bevorder gewigsverlies.
Hou so aan
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement