advertisement
Question
Posted by: Elmarie | 2006/11/01

vrugte shake


Ek wil net graag weet of dit gesond is om my aandete te vervang met 'n vrugte shake, ek eet my normale ete dan in die middag met 2 vrugte deur die dag, ek probeer om ook baie water te drink deur die dag en in die aand. Ek wil graag bietjie gewig verloor maar wil dit op 'n gesonde manier doen.

Enige advies sal baie waardeer word.

dankie

Elmarie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Elmarie
Jy kan 'n vrugteskommel gebruik om aandete te vervang, maar meng dit met vetvrye melk of jogurt, sodat jy wel bietjie proteïene inkry, andersins gaan jy baie honger voel en jou dieet dwarsboom. Onthou om ook 'n baie goeie en gebalanseerde ontbyt te eet na die lang vas vanaf middagete tot die oggend. Dit behoort 'n vrug of vrugtesap, hoe-vesel graankosse, vetvrye melk of jogurt, 'n gekookte of geposjeerde eier en volgraan roosterbrood in te sluit.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement