advertisement
Question
Posted by: Johan | 2003/12/05

Vroulike evolusie

Ek wil graag 'n persepsie toets, maar eers my agtergrond.

My vrou van die afgelope tien jaar het besluit om my en ons twee kinders in Mei vanjaar te los. Die oorsaak was omdat sy tyd saam met haar vriende wou spandeer. Hierdie tyd bestaan hoofsaaklik uit partytjies waar mense hulleself te buite gaan met drank en dan, in die naam van "'n goeie tyd", bv kaal in die swembad swem, ens. Ek het gevoel dat dit nie voorbeeld is wat ek vir my twee kinders wil stel nie en het gevolglik gesê dat ek nie deel wil wees van daardie lewe nie. Na 'n tydperk waar sy alleen hierdie lewe gevoer het, het sy besluit om ons te verlaat. Sederdien het ek 'n paar persepsies ten opsigte van die hedendaagse vrou ontwikkel. Ek sal graag wil hoor hoe ander mense dit ervaar. My hoof persepsie is dat vrouens so hard probeer om te bewys dat hulle die man se gelyke is, dat hulle tot die slegte eienskappe van die man oorgeneem het. Ek weet (na gesprekke met 'n huweliksberader en kliniese sielkundige) van hoevele vrouens wat bv 3 uur in die more by die huis kom vanaf 'n party en dan nie op hulle voete kan staan so dronk is hulle. Is dit nie tipies standaard manlike gedrag nie? Ek het bv in die egskeidinghof deur 'n dag se sake sit en luister. Van die segtig sake wat aangehoor is, was daar 12 waar die vrou die kinders in die sorg van die man laat - sy probeer nie eers om toesig en beheer te verkry nie, trouens sy stel nie belang nie. Dit is ook vir my opmerklik hoeveel vrouens deesade rook - ry maar op die snelweë en hou dop. Terwyl die hele wêreld vol is van hoe sleg rook vir jou is, begin meer vrouens te rook (my persepsie). So kan ek aangaan met die lys.

In kort kom dit hierop neer:
My persepsie was nog altyd - as jy wil weet wat is reg en verkeerd, vra die vrou in die huis. Sy was nog altyd die een wat die morele waardes in die huis gehandhaaf het. Nie dat ek hierdeur wil sê dat dit slegs haar verantwoordelikheid is nie - inteendeel. Deesdae is dit egter nie meer die geval nie - daar was 'n morele verval by vrouens. En by morele verval bedoel ek dat die beginsel van doen altyd die regte ding, nie meer gehandhaaf word nie.

Is my persepsie reg, of is ek beïnvloed deur my eie omstandighede?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Actually, Johan, I agree. I think there is a sleazy sort of pseudo, fake-feminism going round, which seems to be encouraging women to imitate all the lousiest features of men, and to believe that there's something clever about being selfish, crude, hedonist drunks. As someone said : it's not hard for a woman to behave like a man -- sadly, it seems to be harder to behave like a gentleman. And when the sole criterion of whether something is Right, simply becomes the question "Does it feel good?" then individuals and society has lost a great deal.
Yes, women nowadays have more liberty, and about time too ! But this doesn't mean that the way some choose to waste that liberty doesn't deserve criticism.
Mona makes a brilliant point when she talks about noticing pregnant women, when she was pregnant --- when you're waiting to be fetched by someone in a red car, suddenly it seems as if every car on the road is red --- in other words, we see more of what, for whatever reason, we're expecting to see. But some cars are red, some women pregnant, and some women, disappointing those of us who unrealistically thought they'd universally set such a splendid example, behave like the worst men around.
Freedom, for all of us, is something we long for ---but we reveal our true nature by what we choose to do with that freedom. Many people, of all genders, races, and whatever other groups you notice, use it splendidly and admirably ; some use it grubbilly.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

13
Our users say:
Posted by: mom | 2003/12/09

O,ja as ek nie verkeerd is nie het iemand haar teen jou gepraat, nie dat sy 'n ander man het nie, dis net vriende kan jou pinkie so vinnig omdraai dat jy nie eers twee keer dink nie. Ek rook maar ek het darem respek vir my kind gehad, ek het heeltemal op gehou rook toe ek hoor ek was verwagtend. 'n man en 'n vrou word in dieselfde booitjie gegooi, die een probeer om slegter as die ander te wees i.p.v. om beeter te probeer wees as die ander. Ek sal se dit hang alles af van hoe jy groot gemaak is, jy kan jou ma haat maar jy het nog van haar bloed in jou liggaam en van haar gewoontes ek meen jy het uit haar gekom jy was deel van haar vir 9 maande.

Reply to mom
Posted by: mom | 2003/12/09

Ek wil nie lelik wees nie maar hoe dink julle moet ons vrouens voel as julle dit doen, my man drink en rook en hou van om te "party", en ek moet hom en sy vriende in toom hou want hulle (vriende) hou daarvan om wille "paties" te hou soos kaal te swem en kaal te loop voor jou, het geen skaam te nie. Ek was nooit so groot gemaak nie, al het my ma die hef in ons huis gehad omdat sy altyd vir ons gesorg het my pa het gedrink, gerook en altyd baklei as hy gedrink is. Ek kan nie eers na strip shows toe gaan nie omdat ek dit haat, ek meen hoekom het jy 'n man as jy na sulke plekke toe wil gaan dan soek jy mos nie meer 'n vaste verhouding nie. My man word verbied om na sulke plekke toe te gaan my suster trou February 2004 en haar aanstaande wil na Teasers toe gaan, ek het my man gese nie een van ons sal hulle partytjies bywoon nie omdat dit 'n sonde is, nie dat ek 'n groot gelowige is nie maar ek weet darem wat reg en verkeerd is. Ek is 22 en my man is 27, one het 'n baba van 7 maande en ons ken mekaar al amper tien jaar en ons respekteer mekaar. Ek kan nie sien hoe vrouens hulle kinders net so kan los nie, ek kan nog verstaan as 'n vrou "gemartel" word en as 'n man rond neuk. Daar is nie baie vrouens wat hulle mans "trust" nie omdat hulle beinvloed word deur slegte vriende. Ek het alle simpatie met jou, miskien kom sy haar fout agter en gaan terug na julle toe, miskien is dit net 'n fase waardeur sy gaan, hoop sy kom haar fout gou agter en dat dit nie te laat is nie. Al raad wat ek kan gee is as 'n vrou of 'n man verkeerde vriende kry hou hulle ekstra dop en probeer hulle in toom te hou gee hulle ultimatums. Baie van my vriende gaan deur dieselfde met hulle meisies al is hulle nie getroud nie dit bly dieselfde.

Reply to mom
Posted by: rina | 2003/12/08

Ek stem stem saam, ek dink wat verkeer gegaan het is die manier wat ons groot geword het hoeveel van ons het in n huis groot geword waar n man nog die hoof is. My pa het my ma gelos vir n ander vrou toe ek nog baie jonk was en nou........ ek vetrou niemand is my eie baas en glo nie daar is n man wat ek kan opkyk as die hoof van die huis. Ek sal alles in my lewe doen om n MANLIKE man as my hoof te he maar ek glo nie dit is meer moontlik nie, die rolle is omgeruil die vrou is nou die hoof. en doen nou wat die mans nog altyd gedoen het rook, drink en los nie n ander man uit nie.

Reply to rina
Posted by: lady nina | 2003/12/08

hi daar

ek weet nie regtig nie want ek vermy maar sulke "tipe" vrouens, nie omdat ek te goed is nie maar omdat ek maklik sal saam jol...

maar vir my persoonlik sou ek graag a man wo he wat leiding neem en a voorbeeld stel, n man wat integriteit het en respek afdwing , wat ook al meeste vrouens se ons wil graag gelei word deur iemand wat ons belange op die hard dra maar as gevolg van meeste mans wat te slapgat is en nie die leierskap neem nie - moet ons dit maar doen en nou moet ek by se dat daar voor en nadele is - die onafhanklikeheid is wondelik, die gevoel van in beheer wees, maar ons word deur ons emosies gelei en dit gevaarlik, en as ons dan nog a slegte selfbeeld het dan val die wiele maklik af...

my siening is ( en moetmy nou nie stenig nie) a vrou se plek is by die huis en by haar kinders - die man is daar om te voorsien en die geestelike leier in die huis te wees , maar die realiteit is nie so nie, baie vrouens moet werk agv die ekonomie en daar het ons wild geraak!

nina

Reply to lady nina
Posted by: Aderfie | 2003/12/07

Johan, sterkte.

Moet nooit skaam wees om by 'n 'groep vir enkeles' vir support aan te sluit nie... vriende en familie verstaan gewoonlik nie... en nee!!! jy sluit nie aan om 'n vrou te ontmoet nie... My pa is oorlede toe ek maar 16 was (15 jaar terug) en wat my ma gehelp het ... WAS DIE ANDER VROUENS by die groep... dit is nie te gou nie... Ek was gereeld saam my ma na die groepe... en sy het vandag haar eie groep..... en sy se^ altyd... dit is die mans wat die mans help en die vrouens wat die vrouens help en die wat nie so gelukkig is nie... is die wat 'n partner kom soek in die groep!!

Sterkte vir jou en die kinnder... en praat met mense! Baie mense... ons is op die planeet vir mekaar... pary van ons besef dit net nie!!!

groete
Aderie

Reply to Aderfie
Posted by: Zeena | 2003/12/07

Ek wonder altyd oor die storie agter die storie. Dat Johan se vrou swak eienskappe toon, is absoluut waar: watter "normale" ma los haar kinders? Maar mens sou wou weet: Johan, het sy altyd 'n wilde streep gehad? Of het sy bloot skielik verander? Hulle sê mos 'n man moet na sy aanstaande skoonma kyk -- haar huis, haar kos, haar voorkoms, haar gedrag -- en dan weet hy hoe sy vrou eendag gaan wees! (Dis natuurlik ook nie altyd waar nie!)

Was jy nie dalk net bietjie te "droog" en "ernstig" gedurende julle huwelik nie? Kan dit dalk die rede wees waarom sy nou so uithak? Jong, ons vrouens word ook maar gatvol vir alleen kinders grootmaak, kos kook, huis reghou, wasgoed was, en meeste van die tyd nog werk ook ... Later dink jy: is dit AL wat daar in die lewe oor is? En sekeres gaan soek dan seker maar plesier voor dit te laat is.

Want ongelukkig ook -- wanneer die kinders groot en uit die huis is, en die vrou dalk tyd en geld vir haarself het, is haar beste jare verby -- en sy weet dit! O ja, dis waar -- mans beskou vrouens oor, sê nou maar, 45 jaar, as "oor die muur". Dus is daar die versoeking om nog bietjie te jol voor jy "oud" is en nie meer kan paartie nie ...

Maar ek besef jou vraag is ernstig. Johan, daar was tye in my lewe (a.g.v. my man se gedrag) dat ek ook gevoel het om weg te loop en net aan myself te dink. Maar tog kon ek dit nooit doen nie. Ek sou in elk geval nooit my kinders agterlaat nie. En dan het baie van ons nog 'n sterk gevoel van verantwoordelikheid -- teenoor ons ouers (wat geskok sal wees), teenoor ons vriende en die gemeenskap. Dan hou jy maar uit, en nouja, soms gaan die slegte jare verby en beter tye breek aan, en jy is dankbaar jy't nie weggeloop of geskei nie.

Die manne wat so praat van "mans wat nie meer outoriteit oor die vrou het nie" moet bykom. Daardie tyd is lankal verby. Johan sê tereg dat die huwelik 'n 50-50 saak is. Maar Johan, die voorstelling wat jy maak, nl. asof dit mans se "voorreg" is om soggens 3-uur dronk tuis te kom, is ook verkeerd. Dis juis sulke mans wat hul verhoudings opdons. Ek dink ook hoegenaamd nie vrouens wil mans wees nie, soos iemand hier bo beweer het. Hulle wil vrouens wees -- maar as jy jou vrou se gedrag reg beskryf het, eien sy haarself te veel vryhede toe. Dit grens aan morele verval (alhoewel sy dalk 'n ander opinie het). Elke mens -- man of vrou -- moet darem weet waar om die streep te trek -- self-dissipline aan die dag lê. Die kinders is beter daaran toe by jou, op hierdie stadium.

Reply to Zeena
Posted by: staaldraad | 2003/12/07

Jy is reg 1000% REG

Reply to staaldraad
Posted by: MAN | 2003/12/06

Hi Johan
Die dag wanner n vrou die straat kan afstap met n bierboep wat onder haar t-shirt uitsteek en met n bleskop en dink sy is seksie,sal sy soos ons wees.
Tot dan sal ons nog steeds die manne wees wat hulle nooit kan hoop om te wees nie. ( Ek weet nie hoekom hulle soos ons wil wees nie)
Die enigste ding wat ek van evolusie af weet is dat n vrou se voete kleiner as ons s'n is omdat hulle dan makliker by die opwasbak kan uitkom om die skottelgoed te was.

Reply to MAN
Posted by: Johan | 2003/12/05

Voordat ek verkeerd verstaan word, wil ek net graag 'n paar dinge regstel. Ek glo glad nie dat daar twee stelle reëls behoort te wees vir vrouens en mans nie. Vir my bly dit verkeerd as iemand te veel drink, of dit nou 'n man of 'n vrou is maak nie saak nie. Ek sien ook nie die man as hoof oor die vrou nie. Vir my is dit 'n 50/50 vennootskap waarin elkeen sy sterk en swak punte het. Elkeen bring sy eie stel vaardighede saam na die vennootskap. Daar is geen rede hoekom 'n vrou nie haar eie ding kan doen - en ek ervaar dat baie vrouens dit beter as mans kan doen. My persepsie is net dat in die verlede was dit meestal die mans wat die reëls oorttree en vrouens wat probeer keer en red het. Deesdae gebeur dit meer en meer dat die vrou nie meer keer en probeer red nie, maar eerder saam doen of dalk nog die voortou neem. Ek gun elke vrou die vryheid van vandag - trouens ek dink daar is nog 'n pad om te stap voordat ewewig bereik is, maar saam met vryheid kom verantwoordelikheid. Ek dink net dat baie vrouens hierdie verantwoordelikheid nalaat.

Reply to Johan
Posted by: JD | 2003/12/05

In sekere opsigte stem ek saam. Die vrou van vandag wil meer selfstandig wees, haar eie ding doen en baie maak 'n sukses daaarvan. Dan kyk ons die ander groep - kyk maar hoe slonsig en uitlokkend trek vandag se vroumense aan.
Klere wat deurskein, panties wat uithang, miskien is ek oud-modies, maar ek haat dit as my vrou so uitlokkend aantrek, en ek mag ook niks sê nie, of daar is moeilikheid. Die respek vir die man as hoof van die gesin het verdwyn. Waar die man vroeër die jagter was, word nou oorgevat deur die vrou.
Het dit dalk iets te doen met al die affairs, egskeidings, verkragtings en gesinsgeweld, ek weet nie. Ek het nog altyd geglo aan die gesegde, agter elke suksesvolle man, staan daar 'n sterk vrou. Daardie tipe vrou is vandag so skaars soos hoendertande - 'n huisvrou, goeie moeder en stenpillaar vir haar man.

Reply to JD
Posted by: Mona | 2003/12/05

Wel nou ja, ek dink ons kan vir dae "baklei" oor hierdie onderwerp. Ja ek dink vrouens het deesdae baie meer vryheid om te doen wat hulle wil, en om uit te hak, maar op die einde van die dag hang dit af hoe sy opgebring was, en waar haar perke is. Ek sien niks verkeerd met 'n paar drankies by 'n partytjie nie, maar die kaal swem is heeltemal verkeerd, ten minste nie saam met ander mense nie!!
Ek dink jy sien die sleg in vrouens nou raak, juis omdat jy seergemaak is. Dis soos toe ek swanger was, loop jy rond in a winkel sentrum, dan sien jy elke 2de vrou is swanger. Maar voor ek swanger was het ek nooit eintlik swanger vrouens opgemerk nie. So, jy is baie sensitief op die oomblik, en alhoewel daar nog altyd 'n persentasie "sleg" vrouens was wat rook / drink / drugs ens. doen, het jy dit net nie opgemerk nie.
So ja, alhoewel daar vrouens is wat te veel uithak, is daar net soveel mans wat dit doen...... Om nog 'n kan wurms oop te maak.... jammer... hoeveel keer het jy al gehoor van 'n vrou wat mense dood maak, of 'n vrou wat iemand verkrag het.... Hoeveel vrouens is in die tronk? Hoeveel mans is in die tronk??
Jammer jou vrou het so sleg met jou gemaak, maar jy sal iemand kry wat mooi na jou en jou kinders sal kyk!! Belowe!

Reply to Mona
Posted by: Kernel | 2003/12/05

Ja, ongelukkig is daar 'n algemene verval in morele waardes - maar daar is heelwat redes daarvoor, onder andere die man wat sy gesagsposisie prysgegee het, die vrou wat nou op gelyke voet met die man meeding, die gejaag na wind, ligsinnigheid en oppervlakkigheid - geniet die oomblik en vergeet van more en die gevolge, stres en druk van orals, prysgee van verantwoordelikhede ens.

Dit is nogal opmerklik dat veral vroue meer rook - kyk maar in die restaurante, kuierplekke en motors wat verbyry - dit het waarskynlik te doen met die nuwe leefstyl wat gevolg word.

Maar ek moet erken daar is darem gelukkig die uitsonderings - vroue wat nog ware vroue is - en hulle is maar skaars. As jy so iemand het moet jy haar soos goud oppas. 'n Ruiker aan hierdie vroue!

Reply to Kernel
Posted by: HeartBroken | 2003/12/05

Ek dink jy slaan die spyker op die kop.My vrou het ook verlaat 3 weke terug oor dieselfde gevoel,maar ek het haar laat besef dat die kind eerder by my moet bly.Nou,sy bly by haar ouer suster en ma wat nog nooit 'n verhouding gemaak werk het nie.Die ma is 'n dobbelaar en aprty freak en my vrou geniet dit nou daar.Alhoewel my vrou haar ma haat soos honsdolleid vir 'n liefdelose kinderlewe.Nou is dit reg waaronder ek ook patrykeer deur gellop het met haar mood swings en haat vir haar ma.
Maar hulle se mos "BLOED IS DUKKER AS WATER"in hierdie geval vat ek eerder water,of hoe?

So my en jou persepsie is in die kol.

Reply to HeartBroken

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement